by

Koes, kêrel

Augustus 9, 2013 in Uncategorized

Intellektuele Muslims nooi n bekende militnate Amerikaanse ongelowige om sy saak in n debat te verdedig.(Ek dink die ou se naam is Krause. Hy roem dat hy een van die min wetenskaplikes is wat Quantum goeters verstaan.)

Sy teenstander betoog oortuigend dat die wetenskaplike  denke perke het en dat goddenke dit moet aanvul.

Krause kom aan die beurt en hy lyk senuwee-agtig. Hy vra mooi die Muslim gehoor moet besef dat hy ALLE gelowe aanval. So asof hy wil verseker hy gaan oorleef.

Nogtans neuk hy voort . Mohamet was maar net nog n psigopaat wat n gevolg geskep het soos die krook stigter van die Mormone. Mense word maklik aan die neus gelei deur versteurde profete. Mense smag daarna.

Toneelspel. Stemtoon. Intensiteit. Rites. Rekwesiete (props) Die stroom-op ghuru. Die oorvleueling van verhoogtalent en psigopatie. Kulkuns. (Wonderwerke). Toordokters. So stig mens n godsiens, betoog Krause.

Ja, ons erken die teater van die kerkdienste. Veral die Katolieke/Anglikane. Die Muslims se knielery en Arabies praat.Die Boediste se gongslanery. Die dominie van ouds se preekktoonhoogte. Deesdae gitaar.

Krause het toe tog lewend sy vliegtuig gehaal.

(Maar nie eintlik sy opponent se geldige argument oor Wetenskap se perke geantwoord nie.)

 

9 antwoorde op Koes, kêrel

  1. Mens moet maar fyntrap by ‘n ander se geloof!

    • Bruggie het gesê op Augustus 9, 2013

      Ja, Carol, dit vat n dapper man om in a Muslim gehoor te verkondig Mohamet was dalk ook net n swendelaar opportunis

  2. Twaksak het gesê op Augustus 9, 2013

    Krause kan gelukkig wees! Dis soos om daai soort betoog by Pretoria-Noord se biker kerk te lewer. Eisj!

  3. “Sy teenstander betoog oortuigend dat die wetenskaplike denke perke het en dat goddenke dit moet aanvul.”

    Dis nonsens die – wat is die perke, en hoe vul denke gebaseer op ‘n denkbeeldige ding dit aan?

    • Bruggie het gesê op Augustus 9, 2013

      Die wetenskap het min te sê oor musiek, gedigte, sonsopkoms, gevoelens, moraliteit, Henry. Ek weet nie of godsdiens daar onmisbaar is nie.

  4. In daai vertrek was NET bokse, dis verseker…behalwe die hoernaliste wat donkiebokse is na my mening.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.