by

Big Brother, ons het jou nodig

Augustus 7, 2013 in Uncategorized

Hierdie ongelowige bewonder die wyshede van die Joodse mites verpak in die bybel. God as n almagtige,alsiende, regverdige Vader wat akkuraat boekhou oor almal se sondes en dan finaal oordeel en die skape van die bokke skei. Die krooks/verkragters/uitbuiters/leuenaars/skinderbekke kry almal hul verdiende loon. En is die hel nie n verbetering op ons lekkerlewetronke nie !  Niks ge TV kyk, gratis kos en klere,aanleer van vaardighede en re-habilitasie nie. Nee, Boet. In die Hel suffer jy vir ewig onder n beroeps Sadis. Slim, man, die ou Jode.  En dan kom Jesus en hy sê alle sondes word vergewe, sewentig maal sewe. Dus as jy uiteindelik in die hel beland is dit jou eie blerrie skuld. En dan kom die Kerk bou voort op die bieg-en -word vergewe tema. Heel modern en in pas met Freud/Jung/en die duisternis skrinks wêreldwyd , maar veral onder die rykes in die VSA.

Hierdie ongelowige pragmatis kon self nie iets beters uitgedink het nie. Kostedoeltreffend , menslik en aanvaar deur 99.9%van die mensdom tot onlangs.

Die moderne , sekulêre wêreld , probeer met demokrasie, sosialisme en strafregstelsels hierdie ou wyshede dupliseer.

En  faal.

 

Moderne  samelewings ontaard in n klug.

Maar daar is hoop. Moderne tegnologie stel ons instaat om die ou wyshede aan te gryp.Big Brother is beskikbaar.(Sal later verduidelik hoe.)

Wat dink julle . ?

12 antwoorde op Big Brother, ons het jou nodig

  1. Jaaaaa!

    As jy kak maak, word jy sonder uitsondering gestraf!

    Wie stel die standaarde wat kak is?

  2. ons dink nie . ons glo net . en doen dan uit liefde . maar ongelukkig is niemand, niemand onfeilbaar nie . moet ek dit herhaal ?

  3. gert het gesê op Augustus 7, 2013

    Ja, Bruggie. Dink net hoe gaan Satan smile as die Suid Afrikaanse parlement by hom uitval. Lol.

  4. Mmmm, dink net hoe lekker sal ek kan skinner as die mense by my kom bieg!!!! 😉

  5. @benvanbruggen (jou volle name klink SO formeel)

    nee.

    ons doen.

    uit liefde.

    soos die Here wil .

    maar as ons wel soms die Outomatiese Beheer probeer ‘over ride’ met eiebelang en eiegeregtigheid , veroorsaak dit gewoonlik ongekende smart . . . wat maak JOU hartseer ?

  6. Daar wag spesiale slae vir die wat nie glo nie.

  7. vega het gesê op Augustus 7, 2013

    AS jy nie weet waarvan jy praat nie, moet jy maar jouself weerhou van uitsprake.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.