Twee hoeras vir hierdie helleveeg
Augustus 3, 2013 in Uncategorized
My eerste vrou en ma van ons twee pragtige kinders (albei nou stewig op pad vyftig toe) was die enigste dogter van n Hollandse gesin wat na Hitler se oorlog,hul heil in Suid-Afrika kom soek het.
Die Matriag was n helleveeg maar ook die anker van die gesin. Nooit van haar hart n moordkuil gemaak nie en my ondeugde sonder doekies omdraai aan my verduidelik. Kort voor lank en ek en skoonma het lelik vasgesit.
Groot was haar vernedering toe sy moes kies tussen kaalgat uit die bad getel word deur niksnuts skoonseun en n rug wat al erger pyn soos die water afkoel.
Met die Vader-des Huise se aftrede , het haar ouste seun, wat intussen n geliefde dokter geword het, vir haar n huis neffens sy eie gekoop, tot groot ontseltenis van sy vrou. Na n paar jaar moes hy n tweede huis vir die ou mense koop om sy huwelik te red. Hier bly die ou mense gelukkig tot die ou kêrel sterf.
Steunpilaar seun soek toe n finale blyplek vir sy ou moeder, n woonstel met n hysbak naby winkels. Hy besef dat sy hier haar laaste dae sou slyt. Sy suster vind hom in die nuwe woonstel , aan ‘t ween.
As ek in daardie woonstel sou moes staan en terugdink aan die ou helleveeg se lewenslange deugde, sou ek moontlik ook geween het.
Tweew hoera’s vir haar.
tina10 het gesê op Augustus 3, 2013
Ek wonder hoe jou huldeblyk sal lyk… want ek het so ‘n idee jy is ‘n stoute outjie!
Bruggie het gesê op Augustus 3, 2013
Deesdae stroopsoet
blikskottel het gesê op Augustus 4, 2013
My een antie en tot mate my ma was ook so. Ons het egter geweet waar ons met hulle staan en daarom was ons erg leif vir hulle.
Bruggie het gesê op Augustus 4, 2013
My skoonma het swaargekry in Hitler se oorlog. Amper gevrek van die honger die laaste winter.
Carol R @ Losbek het gesê op Augustus 4, 2013
Ek dink sy was dalk so moeilik omdat hulle so swaar in die oorlog gekry het. Klink of jy ‘n goeie skoonseun vir haar was.
Bruggie het gesê op Augustus 4, 2013
Na n paar dekades het haar ruwe hart teenoor my vermurwe