Jy blaai in die argief vir 2013 Augustus.

by Bruggie

Churchill

Augustus 27, 2013 in Uncategorized

het glo n fanaat so beskryf:

 

Iemand wat nooit van opinie of gesprekspunt verander nie.

by Bruggie

Denial

Augustus 22, 2013 in Uncategorized

Wat is die beste Afrikaanse woord vir denial ?

Ek verkies selfbedrog. Wie sê liewer ontkenning?

Meesal doen selfbedrog skade. (Soms groot). Maar partykeer moet n ou vrouens se selfbedrog miskyk. Dis wreed (en dom) om altyd nugter , logies en feitlik  te wees.

Ontken (heftig) saam as n vrou vra of sy vet is. Moenie aanhou probeer om vrouens se plan te verbeter  nie. Voort neuk  is ook  selfbedrog. Jy gaan nie wen nie , broer.

 

by Bruggie

Harig

Augustus 19, 2013 in Uncategorized

Wekom terug aan Perdebytjie want sy sal sekerlik vasbyt ten spyte van wat ek nou hier gaan vertel.

Dit was vrek koud en onplesierig in die Kaap. Daarom stroop ek toe alles bokant die belt af om n bietjie vitamine D op te suig toe ek fglussies van die skaak af terug fiets.

Ek het nie rekening gehou met die pouse by Rustenburg High for young ladies nie. Daar trap ek toe met my kaal, harige boep verby die verfynde jong dames waar hulle ook die sonnetjie geniet.

Hierdie bedorwe jong fynproewers jil toe afkeurend toe hul my forse gestalte moes verduur. Ag nee ah. Verfynde dames sou hoogstens gesmaail  en mekaar in die ribbes gepomp het.

Ek gaan die harige boep laat krimp sodat die klomp oor n maand die heining spuls gaan uitklouter.

by Bruggie

Die Mzanzi cv

Augustus 17, 2013 in Uncategorized

Onderhoudvoerder: Het jy n kriminele rekord ?

Jop soeker: Nee.   Is dit n vereiste ?

by Bruggie

Abel Pienaar (lite)

Augustus 16, 2013 in Uncategorized

Wenke vir n groei dag.

Gee opduimpies, liefs in die werklike wêreld. Saai welwillendheid en geniet vreugde.

Vermy  afduimpies. Wees opbouend met die onvermydelikes.

Skop met opstaan jou ego onner die bed. Egos verdof  glans en belemmer rustigheid en inkeer.

by Bruggie

Konings

Augustus 13, 2013 in Uncategorized

Wie het die heruitsending van Konings geniet ?

Wat dink julle van Herman se vrou se onthulling ?

by Bruggie

Toerusting (n Vrouedag ode)

Augustus 9, 2013 in Uncategorized

Binnekort is daar 4 biljoen vroue op aarde met die regte lyf en kop om babas te maak.

Betoon genade, dames.

Selfs surogaat moeders is  moontlik. Tot oumas  kan ingespan word.

Mans is slegs sperm donateurs. Miskien kan n man met groot gesukkel met n baarmoeder en n geboortkanaal toegerus word via stemselle of oorplantings.

Alles geldmors. Vier biljoen het  die toerusting en kan die jop doen.

Met  meegaande sports. (En oorbevolkte nagevolge)

Nogtans,    Viva la differance.

by Bruggie

Koes, kêrel

Augustus 9, 2013 in Uncategorized

Intellektuele Muslims nooi n bekende militnate Amerikaanse ongelowige om sy saak in n debat te verdedig.(Ek dink die ou se naam is Krause. Hy roem dat hy een van die min wetenskaplikes is wat Quantum goeters verstaan.)

Sy teenstander betoog oortuigend dat die wetenskaplike  denke perke het en dat goddenke dit moet aanvul.

Krause kom aan die beurt en hy lyk senuwee-agtig. Hy vra mooi die Muslim gehoor moet besef dat hy ALLE gelowe aanval. So asof hy wil verseker hy gaan oorleef.

Nogtans neuk hy voort . Mohamet was maar net nog n psigopaat wat n gevolg geskep het soos die krook stigter van die Mormone. Mense word maklik aan die neus gelei deur versteurde profete. Mense smag daarna.

Toneelspel. Stemtoon. Intensiteit. Rites. Rekwesiete (props) Die stroom-op ghuru. Die oorvleueling van verhoogtalent en psigopatie. Kulkuns. (Wonderwerke). Toordokters. So stig mens n godsiens, betoog Krause.

Ja, ons erken die teater van die kerkdienste. Veral die Katolieke/Anglikane. Die Muslims se knielery en Arabies praat.Die Boediste se gongslanery. Die dominie van ouds se preekktoonhoogte. Deesdae gitaar.

Krause het toe tog lewend sy vliegtuig gehaal.

(Maar nie eintlik sy opponent se geldige argument oor Wetenskap se perke geantwoord nie.)

 

by Bruggie

Big Brother (lite)

Augustus 8, 2013 in Uncategorized

Google gerus George Orwell en skrik vir Big Brother.

Moet ons vir Lite gebruik ? Die kerngedagte is die moderne komper met n enorme geheue. Ouens wat op skuld verkoop ,stel vas of  die koper op n swartlys is. Mense wat huise verhuur, kan die verneuker/breker/ niebetaler huurder wegwys. Roekelose bestuurders oortree gereeld en kan met Big Brother uitgeken word.

Dit help om maklik via Big Brother uit te vind of die vreemdeling wat jou dalk wil inloop aan Big Brother bekend is.

Regerings moet fyn dopgehou word . Hulle mag nie Big Brother misbruik nie. Ja vir entrepeneurs wat n diens aanbied..

Syrie” is n aaklige land maar geek aanhangers van Assad het nou die wêreld aan ‘t bewe deur oorlog te voer via ge-hackte inligting.

Fanate buit moderne tegnologie uit. Die res van die mensdom moet wakker skrik. Its a jungle out there.

Big Brother (lite) bemagtig ook die gewone mens.

by Bruggie

Big Brother, ons het jou nodig

Augustus 7, 2013 in Uncategorized

Hierdie ongelowige bewonder die wyshede van die Joodse mites verpak in die bybel. God as n almagtige,alsiende, regverdige Vader wat akkuraat boekhou oor almal se sondes en dan finaal oordeel en die skape van die bokke skei. Die krooks/verkragters/uitbuiters/leuenaars/skinderbekke kry almal hul verdiende loon. En is die hel nie n verbetering op ons lekkerlewetronke nie !  Niks ge TV kyk, gratis kos en klere,aanleer van vaardighede en re-habilitasie nie. Nee, Boet. In die Hel suffer jy vir ewig onder n beroeps Sadis. Slim, man, die ou Jode.  En dan kom Jesus en hy sê alle sondes word vergewe, sewentig maal sewe. Dus as jy uiteindelik in die hel beland is dit jou eie blerrie skuld. En dan kom die Kerk bou voort op die bieg-en -word vergewe tema. Heel modern en in pas met Freud/Jung/en die duisternis skrinks wêreldwyd , maar veral onder die rykes in die VSA.

Hierdie ongelowige pragmatis kon self nie iets beters uitgedink het nie. Kostedoeltreffend , menslik en aanvaar deur 99.9%van die mensdom tot onlangs.

Die moderne , sekulêre wêreld , probeer met demokrasie, sosialisme en strafregstelsels hierdie ou wyshede dupliseer.

En  faal.

 

Moderne  samelewings ontaard in n klug.

Maar daar is hoop. Moderne tegnologie stel ons instaat om die ou wyshede aan te gryp.Big Brother is beskikbaar.(Sal later verduidelik hoe.)

Wat dink julle . ?