by

AVAAZ (maak droog ?)

Julie 28, 2013 in Uncategorized

Ek ondersteun dikwels hierdie ouens. Hulle versamel digitale handtekeninge om die slegte ouens te stuit.

Vandag is hulle  taal oordrewe.  Teken dadelik. teen die baggering van die Groot Barrier Rif! Keer n Australiese steenkoolmaatskappy wat  die pragstuk wil verwoes.!

Ek vermoed  die feite is dat n  hawe ingang verdiep moet word en dat dooie, oer, koraalneerslag gebagger moet word. Saam met slik op n diepte van meer as 20 meter.

Die Groot Barrier Rif van twee duisend kilometer is n pragstuk en moet bewaar word maar  lê honderde kilometer weg van die kus en belemmer nie skeepvaart nie.

Avaaz skree hier sensasioneel Wolf en skiet hulself in die voet.

Jammer.

5 antwoorde op AVAAZ (maak droog ?)

  1. tina10 het gesê op Julie 28, 2013

    Was jy al daar?

  2. Ek is maar erg versigtig voor ek my naam iewers ingooi.

  3. Ja dis nogal iets nê, hoe mens oral deur almal ingedring is en net nie meer ‘n oomblik se vrede kan hê nie. Seker nie presies wat jy bedoel nie… maar hoe ek dit ondervind. Ek wonder of die handtekeninge al ooit ‘n verskil iewers gemaak het?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.