by

Oor n honderd jaar ?

Julie 18, 2013 in Uncategorized

Dana Snyman bespiegel wyd oor die ontheemding van veral Afrikanermans ouer as veertig. Snyman is  somber.

Dit het my laat dink oor die lotgevalle van tale en groepe in die VSA – die groot smeltkroes.

Dis n feit dat die taal van die meerderheid , Duits, destyds amper die amptelike taal in die VSA  geword het. Dis ook n feit dat New York vroee”r  Nieeu Amsterdam geheet het , want die Hollanders was voor die Engelse daar. Dis ook n feit dat vername en invloedryke Amerikaanse families Hollandse vanne dra. Dink aan van der Bilt.

Waarskynlik gaan die Lingua Franca oor n honderd jaar in Suid Afrika Engels wees. Mense met Afrikaanse vanne, kleurlinge bygetel, sal minder as 2% van die bevolking uitmaak maar slegs een uit n honderd sal nog hoofsaaklik Afrikaans praat. Onder die ryker Afrikaners sal die vanne nog daar wees maar soos met die van der Bilts , sal hulle (waarskynlik ?)  in die Engelse establisment  weggesmelt het.

En dan is daar die Baske wat in Spanje sporadies bomme gooi maar nie hul droom van onafhanklikheid gegun word nie. Wit Baske teen wit Spanjaarde. Dink bietjie aan die bloedbad wanneeer n klein minderheid Afrikaners hier begin bomme gooi vir n Volksstaat.

Die nuwe faktor is die internet, wat dalk wêreldwyd n Afrikaanse diaspora moontlik maak.

 

7 antwoorde op Oor n honderd jaar ?

  1. Gelukkig is ons nie oor ‘n honderd jaar hier nie!Grappies op ‘n stokkie..jy is heeltemal reg.’n Smeltkroes van kulture en tale kan nie afsonderlik langs mekaar bestaan nie.Een of ander tyd vermeng alles en dit sal selfs interessant wees om die soort Engels te sien wat dalk oor honderd jaar in SA gepraat sal word.

  2. tina10 het gesê op Julie 18, 2013

    Het jy ‘n oplossing?

  3. Bruggie, oor honderd jaar praat en skryf die hele Afrika net Manderyns, met Engels as ‘n minderwaardige 2de taal . . .

    • Bruggie het gesê op Julie 18, 2013

      Eksi, die Sjinese is slinks. Ek dink hulle gaan hul oorheersing verbloem deur gebroke Engels in Afrika te praat.

  4. @benvanbruggen : 🙂 ha so …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.