Dana Snyman bespiegel wyd oor die ontheemding van veral Afrikanermans ouer as veertig. Snyman is somber.
Dit het my laat dink oor die lotgevalle van tale en groepe in die VSA – die groot smeltkroes.
Dis n feit dat die taal van die meerderheid , Duits, destyds amper die amptelike taal in die VSA geword het. Dis ook n feit dat New York vroee”r Nieeu Amsterdam geheet het , want die Hollanders was voor die Engelse daar. Dis ook n feit dat vername en invloedryke Amerikaanse families Hollandse vanne dra. Dink aan van der Bilt.
Waarskynlik gaan die Lingua Franca oor n honderd jaar in Suid Afrika Engels wees. Mense met Afrikaanse vanne, kleurlinge bygetel, sal minder as 2% van die bevolking uitmaak maar slegs een uit n honderd sal nog hoofsaaklik Afrikaans praat. Onder die ryker Afrikaners sal die vanne nog daar wees maar soos met die van der Bilts , sal hulle (waarskynlik ?) in die Engelse establisment weggesmelt het.
En dan is daar die Baske wat in Spanje sporadies bomme gooi maar nie hul droom van onafhanklikheid gegun word nie. Wit Baske teen wit Spanjaarde. Dink bietjie aan die bloedbad wanneeer n klein minderheid Afrikaners hier begin bomme gooi vir n Volksstaat.
Die nuwe faktor is die internet, wat dalk wêreldwyd n Afrikaanse diaspora moontlik maak.
Onlangse kommentare