Wie gaan wen ?
Junie 8, 2013 in Uncategorized
Die sekulêre Weste is vry. In die Muslim wêreld is veral vroue onvry. Ons hoor van jong Muslim dogters wat deur hul pa’s vermoor word omdat hulle effens oor die tou getrap het en die familienaam onteer het. Die Koran vra vir bhurkas en skeiding van geslagte. Taboe om elke draai. Die Weste laat waai. Gun elke diertjie sy plesiertjie. Niemand mag toestemmende volwassenes iets verbied nie.( Sien vorige blog)
Ongelukkig leef ons nou in die Global Village. Die Satan oorheersde Weste spoel met die internet die Muslimwêreld binne. Die Mullahs gooi wal .Sweep jong gelowiges op om namens Allah die heilge leefstyl te verdedig. Die internet plaas n paar fanatiese Mullahs in verbinding met volgelinge wat wanaangepas in die Weste hoor hulle moet Satan uitroei. Sny af die keel van n soldaat in London.
In Turkye regeer gematigde Muslims goed. Die middelklas groei. Die groot, meer konserwatiewe Muslim werkersklas stemvee dwing die regering om briek aan te draai met die sekularisasie. Groot onstuimigheid heers van Sirie” tot in Pakistan. Gooi in klomp konserwatiewe Jode in Israel in die pot plus skatryk olie Muslims plus n atoommoontheid of twee en dinge lyk lelik.
Nugter, sekulêre leiers en wellewende bevryde middelklas Westerlinge haal die angel uit . Ek vermoed waar ekonomie” groei en armoede wyk , bedaar die stryd tussen Muslim en Christene in Afrika en tussen Protestante en Katolieke in Noord Ierland en soos die onderwysvlak styg, verloor die heilige boeke hul houvas.
Miskien is daar oor 100 jaar min fanate en baie sekulêre mense wat rustiger hul potjies krap.
Onlangse kommentare