by

Die Luisman

Junie 22, 2013 in Uncategorized

Honderd mense sit styf ingepak in die wagkamer van die Maitland Kliniek. Hulle wag vir pille, suster of dokter.Hulle wag lank.

Ek is slim. Ek ken die storie. Daag 9.30 op en vat n kans deur my kaart  by die file ou te laat lê. Dan sit ek buite in my seun se kar en lees n boek. So teen tienuur totseer ek die massa en die tou voor die file hokkie.Na dertig minute kry ek die file (kan nie lêer spel nie) wat ek dan by die apteker se wagtende files plaas.Weer n uur buite in die kar boeklees.So teen elfuur wys ek gesig vir die apteker elke tien minute.

Terwyl ek laas week daar staan, val n sitplek oop. Ek sit. Ek hoor n giggelry. Na n minuut  tik een van die bonnel vroue my op die skouer. “Meneer moet oppas vir die luise”. Ek spring op en bekyk die houtbank verskrik. Nee wat. Soliede hout. Nêrens n luis te sien nie. Ek bedank die dames vir hul besorgheid en sit/wag verder. Vyf minute later weer n stamp aan die skouer. Die Luisman beduie ek sit op sy plek. Ek vra om verskoning  .

Daar sit hy toe.

Eensaam.

Want almal skuif n bietjie weg.

4 antwoorde op Die Luisman

  1. Dis eintlik baie hartsee die hele storie. Niemand verdien die tipe ding nie, maar dis mos regeringsdienste Efriekn style.

  2. tina10 het gesê op Junie 22, 2013

    Eish dis erg so gewag.
    Hoop nie jy is siek nie?

    • Bruggie het gesê op Junie 22, 2013

      @ tina10 Net bloeddrukpille. As hulle n jaar voorraad op n slag gee, sal ek 12 stemme vir Hellen Zille werf.

Los ’n antwoord vir blikskottel. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.