by

Volkstipes

Junie 19, 2013 in Uncategorized

Alle volke bestaan uit n geweldige verskeidenheid maar tog het elke volk sy aard en sy tipiese karakters.

Praat Sisilie” en jy dink Mafia. Danksy Hollywood weet ons van Die Godfather tipe, die prokureur/sakeman en die Hitman ,die MoedervandieKlan en die nuwe geslag mooi , bedorwe poppies.

Ander Italianers sing en stel Mussolini teleur – Corelli se vrolike manne teenoor die harde Albanie’rs en die robotagtige Duitsers.

P.G. du Plessis se karakters in Ko-operasie stories. Die beswaarde Genis en sy teenpool ,  die wyse boeppens stoepsitter/pyproker.  Of  Marius Weiers  die Opperater wat Vrydae pay of die versukkelde outjie wat alewig (gevaarlik)onner sy kar  werk. Karakters uit n vorige era ?

Het die volgende groep Afrikaners iets in  gemeen ?

Sakeman Whitey Basson, hartman Chris Barnard,digtersangers Koos Kombuis of verdrietige Koos du Plessis, politici Leon Wessels of Eugene Terblance,  kerkmanne Andries Teurnicht /Osbloed/Koot Vorster/ Carl Niehaus. (Sorry, Osbloed), sportmanne Oscar Pistorius/ Francois Hougard/Ernie Els.

Die Italianerfamilies sit aan vir skottels  pasta. Welaf Afrikaners braai . Armer Afrikaners  KFC.                Die armste Godbless by verkeersligte.

Die mafia se hitmen verseker n plek in die ekonomie. Ons top hitman sit steeds in die tronk oor Vlakplaas.

1 antwoord op Volkstipes

  1. Ons is Boere mense, edel en opreg en soms seker erg naif.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.