by

altzheimer ?

Junie 17, 2013 in Uncategorized

Ek probeer op die naam kom van die diklip , ‘ubervrome Afrikaanse dominee wat n kokkedoor in die ANC was. Ek onthou ook nie meer die details van die skandaal wat sy doppie geklink het nie.

Wie kan help ?

Toemaar .

Carl Niehaus.

Iets omtrent die Snowden oukie hinder my. Darem nie so grieselrig as Niehaus nie.

Maar dieselfde holier than thou geurtjie ?

Ek weet dis ad hominem. Ek is te lui om die horde verontwaardiges aan te vat met n bespreking van die privaatheid / afluister / Big Brother debat.

 

8 antwoorde op altzheimer ?

  1. My fok!

    Ek hettie geweet Niehous was ‘n dominee nie – maar dit verklaar baie!

  2. ek haat dit as ek aan iets of iemand dink en die naam wil nie uitkom nie.
    ek het vir dae so geloop en wonder oor Allan Gray. al wat by my opgekom het as ek die naam wou onthou was Earl Grey en ek pes daardie bergamot smaak

  3. Niehoaus is een van daai mense wat lefs net moet verdwyn en weg bly. RSA se spioenering op sy eie mense is baie erger as die uSA sinne, dis verseker. RICA is die manier hoe hulle dit doen en almal aanvaar dit maar net…dis flippen siek.

  4. Hy het vroeer jare hier by ons geblog. Dit was voor jou tyd, dink ek.

    Ja nee wat. Daai wolkie het nie ‘n silwer randjie nie.

  5. gert het gesê op Augustus 7, 2013

    Al die ANC parlements lede is predikante. Kyk maar net hulle preek op alle begrafnisse net politiek, uit die Feedom Charter i.p.v. die Bybel.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.