Uit jou vel lekker
Junie 12, 2013 in Uncategorized
Dis nou daai simpel liedjie .
Waffer een ?
Hey baba riebaab se ding is vim.
Sover ek kan onthou is dit al. Net die sewe onsinnige woorde wat kreetlik herhaal word. Wissel toonhoogte, niks meer nie.
Die ideale bulderlied vir n sportbyeenkoms.
Weg met Nkosi Sikilele. Vuur die manne aan met Hey baba riebaab.
(Lekker onderwerp vir bespreking – sedige volksliedere. Pas by staatsbegrafnisse en die opening van die parlement maar nie by jollifikasie nie. Die jeug soek vuur en huppel. Hey baba riebaab.)
exionperfexi het gesê op Junie 12, 2013
🙂 daar is soveel variasie op hierdie een !
” hey baba lubab, she’s my baby … ! ”
ek stem vir die kreet by alle geleenthede van samehorigheid
baie meer aanvaarbaar as ‘ kielie die boer…’ of ‘ bobbejaan klim die berg…’ of ‘ liefling ! ek kannie sonder jou …’, ensovoorts
uitstekende plasing , Benjamin !
Bruggie het gesê op Junie 12, 2013
Dankie, Eksi
ek-myself het gesê op Junie 12, 2013
Nog nooit gehoor nie
Bruggie het gesê op Junie 12, 2013
Spring chicken, jy.
Henry @kompethenry het gesê op Junie 12, 2013
@ek-myself
Bwhaahaha!
Bruggie het gesê op Junie 12, 2013
Lag jy vir die lente kuikens ?
monicahaddad het gesê op Junie 12, 2013
Ek onthou net die variasie van Hey baba lubab elvis is ‘n zula
Dit moes gewees het in die tyd van Elvis/Pat Boon en Ford/Chev en nat/sap.
Djoe jy het my nou baie ver terug gevat…..
Bruggie het gesê op Junie 12, 2013
Snaaks hoe selfs treffers sommer verdwyn nê Monica.
tina10 het gesê op Junie 12, 2013
heheheheh… my liewe mens waar kom jy aan die ‘vim’ aan die einde?!!!? Dis tog SPRING … wel hier in die ou Transvaal was dit so!
Jamblikke Vissblikke Drie by drie!
Ons is Ons is Weet julle WIE?