by

worsie

Junie 9, 2013 in Uncategorized

My huurders se worsie jaag n bal. Enige bal. Sommige tennisballe word verslind. Die huurders vra dat die hondjie nie ooreis word nie. Sy is verslaaf  en sal aanhou tot sy neerslaan.

Ek gooi net twee balle. Die eerste bring sy dadelik terug maar draal met die tweede want sy weet die bal word afgeneem en gestoor.

Vandag sit sy in die yl sonnetjie met haar eie bal. Die huurders is weg.As ek wink, bring sy haar bal vir die eerste gooi, maar riskeer gladnie die konfiskeer van haar bal nie. Sy hardloop vir die tweede gooi , maar bring nie die bal terug nie.

Tipies vrou multi task sy ook. Met die harldloop , ruik sy allerhande interessanthede. Met die terugtog , laat sy die bal val en snuffel eers na  wat sy geruik het. Dit help as n mens kort beentjies het en jou neus beweeg millimeters bo die heerlikhede.

8 antwoorde op worsie

  1. Ek begin dink worshonde is kongenitaal onnosel – en dan kom jy met die stuk wat wys hulle kan wel dink!

  2. berwick het gesê op Junie 9, 2013

    “Kom, hondhond”.

  3. Die hondjies is vreeslik oulik !

  4. tina10 het gesê op Junie 9, 2013

    hehehehe… ek dog toe twee gooie maak Bruggie moeër as die worsie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.