Jy blaai in die argief vir 2013 Junie.

by Bruggie

Drie Afrikaners

Junie 30, 2013 in Uncategorized

1. D is n argitek. Hy is welkom aan huis by sy  getroude Afrikaanse vriende al is hy  openlik pedofiel.

2. X is n L.O. onnie en n rugby afrigter. Hy en n reeks 14 jarige seuns het oor die jare saam draad getrek.  Vyf van die seuns is later gelukkig getroud. Een (slagoffer ?) het later as volwassene gewroeg en gevoel X het sy lewe verwoes.

3. Piet is die stereotipe pedofiel. Hy cruise die stad vir straatkinders

Sielkundiges sê pedofiele kan nie behandel word nie. n Klein persentasie (een uit tienduisend ?) word so gebore. Argitek D aanvaar sy lot dapper en  bly lewenslank selibaat. Soos sommige blindes kies hy blymoedig aanpassing.. Sy vriende is jammer vir hom en  verstoot  hom nie. Hulle beskerm hulle kinders deur D se kondisie openlik te bespreek.

Die L.0. onnie beland in die moeilikheid. Hy verloor sy werk. Oornag van hero tot vark.

Is n konserwatiewe gemeenskap soos die Afrikaners instaat om oopkop oor pedofilie te dink ? Is pedofiele mede mense, soos blindes ?

by Bruggie

Marknavorsing

Junie 23, 2013 in Uncategorized

bepaal wat op TV verskyn . Stoei, America’s got talent, Survivor, 2.5 men, Porn, die Nuus (betogings, Lady Di se begrafnis) Sak die getalle, swaai die reklamegeld

Godsdiens asTV skouspel ?Soos Bono/Bieber/ Jacko/Lady Gaga se konserte.  Die kotsfeste (Oppikoppi, Biker Rallies) as noodsaaklike satanteenpool. Daars verval, Broers.

Godsdiensdebat as TV treffer ?    Dawkins teen n  Teoloog of  teen n  Charismaat  ? Miskien  op BBC4 maar nooit  in klein markte soos Suid Afrika nie.

 

 

 

 

by Bruggie

Die Luisman

Junie 22, 2013 in Uncategorized

Honderd mense sit styf ingepak in die wagkamer van die Maitland Kliniek. Hulle wag vir pille, suster of dokter.Hulle wag lank.

Ek is slim. Ek ken die storie. Daag 9.30 op en vat n kans deur my kaart  by die file ou te laat lê. Dan sit ek buite in my seun se kar en lees n boek. So teen tienuur totseer ek die massa en die tou voor die file hokkie.Na dertig minute kry ek die file (kan nie lêer spel nie) wat ek dan by die apteker se wagtende files plaas.Weer n uur buite in die kar boeklees.So teen elfuur wys ek gesig vir die apteker elke tien minute.

Terwyl ek laas week daar staan, val n sitplek oop. Ek sit. Ek hoor n giggelry. Na n minuut  tik een van die bonnel vroue my op die skouer. “Meneer moet oppas vir die luise”. Ek spring op en bekyk die houtbank verskrik. Nee wat. Soliede hout. Nêrens n luis te sien nie. Ek bedank die dames vir hul besorgheid en sit/wag verder. Vyf minute later weer n stamp aan die skouer. Die Luisman beduie ek sit op sy plek. Ek vra om verskoning  .

Daar sit hy toe.

Eensaam.

Want almal skuif n bietjie weg.

by Bruggie

suutjies poep in die openbaar ?

Junie 20, 2013 in Uncategorized

Lin Sampson sê nee. Laat waai. Maak n spektakel. Leef voluit soos die Italianers. Nie so witgepleisterdegraf soos die Noord Europie”rs, veral die Britte (en ook die Afrikaners)  nie.

Alles omdat Saatchi verguis word omdat hy  Nigella se mond toedruk of haar miskien selfs verwurg.

Baklei kaalvuis en luidrugtig. Bevestig daarmee n opwindende verhouding .  Maak maak later hemels op.

Laat rol daai kommentare.

by Bruggie

Volkstipes

Junie 19, 2013 in Uncategorized

Alle volke bestaan uit n geweldige verskeidenheid maar tog het elke volk sy aard en sy tipiese karakters.

Praat Sisilie” en jy dink Mafia. Danksy Hollywood weet ons van Die Godfather tipe, die prokureur/sakeman en die Hitman ,die MoedervandieKlan en die nuwe geslag mooi , bedorwe poppies.

Ander Italianers sing en stel Mussolini teleur – Corelli se vrolike manne teenoor die harde Albanie’rs en die robotagtige Duitsers.

P.G. du Plessis se karakters in Ko-operasie stories. Die beswaarde Genis en sy teenpool ,  die wyse boeppens stoepsitter/pyproker.  Of  Marius Weiers  die Opperater wat Vrydae pay of die versukkelde outjie wat alewig (gevaarlik)onner sy kar  werk. Karakters uit n vorige era ?

Het die volgende groep Afrikaners iets in  gemeen ?

Sakeman Whitey Basson, hartman Chris Barnard,digtersangers Koos Kombuis of verdrietige Koos du Plessis, politici Leon Wessels of Eugene Terblance,  kerkmanne Andries Teurnicht /Osbloed/Koot Vorster/ Carl Niehaus. (Sorry, Osbloed), sportmanne Oscar Pistorius/ Francois Hougard/Ernie Els.

Die Italianerfamilies sit aan vir skottels  pasta. Welaf Afrikaners braai . Armer Afrikaners  KFC.                Die armste Godbless by verkeersligte.

Die mafia se hitmen verseker n plek in die ekonomie. Ons top hitman sit steeds in die tronk oor Vlakplaas.

by Bruggie

altzheimer ?

Junie 17, 2013 in Uncategorized

Ek probeer op die naam kom van die diklip , ‘ubervrome Afrikaanse dominee wat n kokkedoor in die ANC was. Ek onthou ook nie meer die details van die skandaal wat sy doppie geklink het nie.

Wie kan help ?

Toemaar .

Carl Niehaus.

Iets omtrent die Snowden oukie hinder my. Darem nie so grieselrig as Niehaus nie.

Maar dieselfde holier than thou geurtjie ?

Ek weet dis ad hominem. Ek is te lui om die horde verontwaardiges aan te vat met n bespreking van die privaatheid / afluister / Big Brother debat.

 

by Bruggie

The luck of the draw

Junie 13, 2013 in Uncategorized

want ek kan nie Ce la vie spel nie.

Graspol Ode.

n Voe”ltjie pik my ( soos beplan?)

maagsap bestand

uit teen oumansmuur

baar saad groet hy.

in my fleur ontwortel

verdomde ouman

n Christen sou laat leef

Ce la vie

by Bruggie

Uit jou vel lekker

Junie 12, 2013 in Uncategorized

Dis nou daai simpel liedjie .

Waffer een ?

Hey baba riebaab se ding is vim.

Sover ek kan onthou is dit al.  Net die sewe onsinnige woorde wat kreetlik herhaal word. Wissel toonhoogte, niks meer nie.

Die ideale bulderlied vir n sportbyeenkoms.

Weg met Nkosi Sikilele. Vuur die manne aan met Hey baba riebaab.

(Lekker onderwerp vir bespreking  – sedige volksliedere. Pas by staatsbegrafnisse en die opening van die parlement maar nie by jollifikasie nie. Die jeug soek vuur en huppel. Hey baba riebaab.)

by Bruggie

Goggatjies

Junie 10, 2013 in Uncategorized

sukkel as dit koud is. Elke winter moet ek die fyngemaalde soja by n paneelverwarmer plaas  sodat

goggatjies (mikrobe/) die soja  kan verteer en laat gis. Die goggatjies raak aktief slegs as hulle effens warm gemaak word.

Die gegisde soja by hawermout, suiker en melk is lekker suurderig en protei”n ryk.

Vir brekvis.

by Bruggie

worsie

Junie 9, 2013 in Uncategorized

My huurders se worsie jaag n bal. Enige bal. Sommige tennisballe word verslind. Die huurders vra dat die hondjie nie ooreis word nie. Sy is verslaaf  en sal aanhou tot sy neerslaan.

Ek gooi net twee balle. Die eerste bring sy dadelik terug maar draal met die tweede want sy weet die bal word afgeneem en gestoor.

Vandag sit sy in die yl sonnetjie met haar eie bal. Die huurders is weg.As ek wink, bring sy haar bal vir die eerste gooi, maar riskeer gladnie die konfiskeer van haar bal nie. Sy hardloop vir die tweede gooi , maar bring nie die bal terug nie.

Tipies vrou multi task sy ook. Met die harldloop , ruik sy allerhande interessanthede. Met die terugtog , laat sy die bal val en snuffel eers na  wat sy geruik het. Dit help as n mens kort beentjies het en jou neus beweeg millimeters bo die heerlikhede.