by

Nog voorstelle

Mei 26, 2013 in Uncategorized

n Regerende Politieke party se mag moet moet deur n grondwet toenemend verminder word sodat die opposisie nooit langer as 10 jaar moet wag vir n regeer beurt nie.

As n mens buite die boks dink en bepaal dat as die  Regerende party na vyf jaar weer n verkiesing wen dan word sy aantal poste tienvoudig afgeskaal, maar elke raadslid se stemkrag elfvoudig opgeskaal.  Gestel landwyd kon die Regerende Party 5000 kaders met poste beloon. Wen hy n tweede verkiesing, beskik hy volgens die grondwet oor slegs 500 poste. 4500 kaders staan droe’bek. Hulle moet nou by die opposisie flikflooi vir n joppie  . Hulle het geen verdere belang by die regerende party se toekomstige verkiesingsukses nie

Die regerende party voer sy beleid steeds deur  want sy min raadslede se stemme is elk 11 stemme werd. Die opposisie  oorheers alle rade met  getalle en alhoewel hulle nie regeer nie ontplooi hulle tien maal soveel talent en salarisse. .

Veral op plaaslike vlak sal n tienvoudige vermeerdering van opposisie verteenwoordigers n geweldig impak hê. Veel meer beskikbare opposisie politici by wie die bevolking kan kla oor dienslewering en dan hoor hulle die boodskap: Stem volgende keer vir ons. Dan sal ons die mag hê om julle te help.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.