by

Korrupsie

Mei 26, 2013 in Uncategorized

Hoe langer n party regeer, hoe blatanter word die politici en die sakelui korrup. Tenderpreneurs om elke draai. Fluitjieblasers droog op omdat almal reken die party gaan vir ewig regeer.

Hoeveel loopbane is op die spel sou die ANC polities sneuwel ? 400 Volksraadslede, 4000 Metroraadslede, 40,000 dorpsraadslede ? Tel Cosatu en sy duisende vakbondposte by. Moenie van die Womens’ League en die Youth League vergeet nie. En al die honderde betrokke by Luthuli House en die geforseerde skepping van poste vir Kaders in die privaatsektor nie. Dan is daar die loopbane in die Staatsdiens- polisie generaals, weermaggeneraals, duisende poste in die onderwys en duisende by hospitale.

Dit sal n reuse stap vir die ANC wees om terwille van korrupsiebetryding en gesonde , gereelde wisseling van regerende party, toe te stem op maatree’ls wat  die ANC slegs vir tien jaar laat regeer met dan 10 jaar as opposisie.

n Stap soortgelyk aan die oorgawe van mag deur die Nasionale Party 18 jaar gelede.

All power corrupts and absolute power corrupts absoluitely. Dis so waar soos n koei. . Maar dis te veel gevra van die honderde duisende om hul loopbane op die spel te plaas. Daarom is die beste waarvoor ons kan hoop dat die grondwet bepaal dat al die begunstigdes na vyf jaar van die opposisie afhanklik word.

Wissel die maghebbers of stik in n korrupte moeras.

5 antwoorde op Korrupsie

  1. exionperfexi het gesê op Mei 26, 2013

    Niemand sal ooit weer in ‘n valse demokrasie ‘n kruisie hoef te trek nie ? Yippeee ! … dit sal steeds dan regerings vir regerings wees wat wissel en geensins die burgery in ag sal neem nie .

  2. Bruggie het gesê op Mei 27, 2013

    Die demokrasie word op n gesonde manier vals.

  3. perdebytjie het gesê op Mei 27, 2013

    Dis moeilik om iets om te keer as dit eers vatplek gekry het.Dis soos die duisende vragmotors op die paaie.Voorheen is alles per spoor vervoer,toe begin vervoermaatskappye soos paddastoele verrys. Hoe keer mens nou terug na spoorvervoer sonder om duisende weer werkloos te maak?

  4. monicahaddad het gesê op Mei 30, 2013

    Van die “seven sins” van Dante is GREED loshande die wenner!

Los ’n antwoord vir exionperfexi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.