by

vuurwapens

Mei 21, 2013 in Uncategorized

Ek lees onlangs van n Amerikaner wat niks in gemeen het met vurige vuurwapen besitters nie. Hy pleit nogtans dat veel meer  wetsgehoorsame burgers opgelei moet word om vuurwapens verantwoordelik en dodelik te kan gebruik in noodsituasies.  Gewapende onderwysers , skoolhoofde, kantienpersoneel wat altyd n vuurwapen byderhand het en dodelik kan skiet, kan slagtings van kinders by skole verlaag deur die mal skieter dood te skiet. As veel meer wetsgehoorsame burgers altyd hul handwapens byderhand het, kan gewapende rowers  deur lede van die publiek dood geskiet word .

Amper iets soos Boy Scouts/ Girl Guides/Landsdiens. Die goeie mense oefen weekliks. Hulle dra miskien n uniform.Hulle is 24/7 binne sekondes paraat en altyd wapenbewus.Hulle beskerm die weerloses. Hoe meer wapens in die regte hande, hoe gesonder die gemeenskap , meen hy.

Australie” sê nee. Liewer geen wapens in private hande nie. Slegs die polisie skiet   in  uiterse gevalle . Goeie mense bied geen weerstand  teen gewapende rowers nie. Verseker liewer besittings.Verminder werkloosheid. Behandel dwelmafhanklikheid. Hou statistiek van die dooies , verminktes en getraumatiseerdes en bewys Australie” is n gesonder gemeenskap as die VSA..

Latino wys n video van n man wat in sy Jeep klim en sekondes later n gewapende kaper wat vlug van agter doodskiet. Slaap die Jeepman en  familie daarna gerus ? Die kaper se makkers of familie wil dalk wraak neem.

Elke man met n wapen is Wilde Weste/ Noord Ierland/ Sirie”. Gee my liewer Australie”.

3 antwoorde op vuurwapens

  1. tina10 het gesê op Mei 22, 2013

    Sal jy iemand kan doodskiet? Aan die ander kant is daar mense wat deur toe badkamerdeure kan doodskiet…

Los ’n antwoord vir exionperfexi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.