by

Dis die hoe

Mei 20, 2013 in Uncategorized

Ek het groot respek vir Jusitice Mahlale se joernalistiek maar toe hy vandag die Universiteit van KwazuluNatal se besluit om Zulu verpligtend vir alle eerstjaars te maak toejuig.,was ek skepties.

Hoekom ? Eerstens die dwang. Wie kan Afrikaans/Soweto/1976 vergeet. Treurnicht hoogmoed.

Justice is n gawe ou. Hy leer doelbewus n paar frases in n vreemde taal aan om aansluiting te olie. Groet n ou in sy taal en hy’s jou vriend.Dit werk vir gawe ouens maar nie vir hooghartiges nie. Dan is dit neerbuigend.

Destyds was dit vir die Afrikaners bitter om agterstand te ervaar waar Engels oorheers het. Deesdae is almal minderhede wat hul eie taalvoorsprong binne eie groep geniet en Engels as n wêreldtaal gebruik om met ander minderhede wat ook miskien sukkel , te kommunikeer.

Kinders jonger as ses leer speel-speel vreemde tale by hul maatjies aan. Die meeste studente halfleer met moeite uit n boek.

Gedwonge Zulu/Sotho/Venda ens. op Universitieit ? Halfgebak dink ek.

6 antwoorde op Dis die hoe

  1. tina10 het gesê op Mei 20, 2013

    Ek sou eerder stem vir moedertaalonderrig vir almal. maar sien ook nie die sin in van die universiteit nie. Daar is nie eers wonderlike literatuur om te ondersoek nie … tensy hy beoog dat mense hulle moedertaal moet leer?

  2. klarisabet het gesê op Mei 20, 2013

    Eeehhhhm…dis die universiteit van KWA ZULU NATAL… As hulle byvoorbeeld in Potch Afrikaans verpligtend sou maak vir eerstejaarstudente, sou die reaksie dieselfde wees? (Dit sou sekerlik ‘n allamintige herrie veroorsaak) Maar ek sou graag wou weet wat die redes is waarom dit op die tafel gelê is om verpligtend te wees by ‘n Universtiteit waarvan die meerderheid studente sekerlik Zulu magtig is…is dit nie dalk juis om hulle ‘n akademiese onderbou te gee vir dit wat reeds hulle huistaal is, omdat dit ‘n LEEMTE is in die skoolsisteem nie? Persoonlik dink ek dit sou fantasties wees as daar reeds op skoolvlak ‘n verpligte afrikataal aan my kinders gebied sou word. Ons wittes is “toeriste” in hierdie land, want vir die meerderheid van ons, is die straatgeluide rondom ons ‘n onverstaanbare gebrabbel. Nadat ek oorsee was, en teruggekom het en vir die eerste keer besef het hoe absurd dit is dat ek in my EIE LAND nie verstaan wat die meeste mense rondom my sê nie, maar dit het my nog nooit gepla nie want ek het net vanselfsprekend aanvaar almal moet MY verstaan maar van my kant af het ek nog nooit moeite gedoen om ander mense se taal aan te leer nie, het ek besef ek bly lekker in koekoeland.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.