Less is more
Mei 31, 2013 in Uncategorized
Dis weer n beter grondwet blog .
Die hoofdoel is
1. n Twee partyselsel waar geen party langer as tien jaar regeer nie
2. Waar venyn en sirkus sover moontlik beperk word.
Die twee hoofpartye word ruim en slegs deur die Staat befonds. Dit beperk korrupsie en skakel Guptafikasie uit.
1. Trek n lootjie om te bepaal watter Groot Party begin regeer. Vir n tien jaar termyn.
2. Na vyf jaar word die partye se gewildheid getoets maar die venyn word heeltemal uit die proses gehaal met n unieke beginsel van Less is More. Hoe minder stemme die regerende party trek , hoe meer tel dit in sy guns. Die regerende party se beste raad is om niks te doen om stemme te trek nie . Niemand baat by massa saamtrekke nie. Die hele proses duur minder as n week met n gewildheidpeiling na n rustige debat op TV. Gaap is gesond.
3. Temper die regeringsmag oor die laaste vyf jaar. Hoe ? Deur automaties tien maal soveel setels op alle vlakke aan die opposisie toe te ken. Nege uit tien regeringverteenwoordigers verloor automaties hul joppe.
Hoe regeer die regering steeds lmet slegs 10% van die setels ? Deur die regering se stemkrag per setel tien keer te vermeerder . Oor die twee vyf jaar verloor die regering ook drasties mag met die met toeken van kontrakte .
Less is More verander alles , ten goede , meen ek.
Na tien jaar kom die opposisie automaties aan bewind.
Onlangse kommentare