by

Skaaknuus

April 20, 2013 in Uncategorized

Verlede Saterdagmiddag was daar amper n smêsh. Ses ou skakers en tien Grassy Park skakers daag op by die Claremont  klubhuis vir n inter-klub.  Toegang word geweier deur n groep kaartspelers. Die mammas hou basaar en  verkoop koek. Tieners en volwassenes speel nuwerwetse kaart en kleuters rol op die matvloer .

Gelukkig was dit n lieflike dag. n Paar tafels word uit gedra en daar speel die oues en die Grassy Parkers toe buite skaak. Huiglik en uniek.

Een van ons ou staatmakers was nie daar nie. Ou Max (98) is die afgelope maande aan sy bed gekluister met twee voltydse verpleeërs . Dieselle ou Max wat al vir tien jaar grap “I might be half deaf and half blind, but not half-witted.”

Twee weke gelede speel ek teen Max skaak by sy huis. Ek en die verpleeër help hom op n stoel.  Max wen die eerste spel en sowaar ook die tweede. Toe is sy go^ uit. en ek groet.

Woensdag is Max oorlede. Hy het glo graag vertel hoe hy sy ou pêl se loef afgesteek het.

5 antwoorde op Skaaknuus

  1. tina10 het gesê op April 20, 2013

    Jammer … mens moet nie ou mense onderskat nie

  2. Twakkies het gesê op April 20, 2013

    Askies.

  3. vega het gesê op April 20, 2013

    Dis so mooi storie. My pa se aftree oord bied min vir oues wat nog al hulle breinselle het. Hy raak baie gefrustreerd dat daar net ‘n paar mense is met wie hy intelligente gesprek kan voer nevvermaaind skaakspeel.

  4. Ag dis sommer nice storie die.

    RIP Max.

  5. Dis baie hartseer…en tegelyk, oor daardie laaste skaakspel tussen julle, so bemoedigend!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.