by

nuut en beter ?

April 20, 2013 in Uncategorized

Die grootte van Volksrade – wat is die geskikste en mees doeltreffende ?

In die Knesset sit n tiental partye wat ko-alisies moet vorm . In totaal so om en by 100 lede. Dieselfde in Holland ?  In die Congress in die VSA  sit by die vyfhonderd, verdeel in twee partye. Hier by ons 450 ? met die ANC n duisternis.

Hoeveel kos dit om 450 mense gereeld Kaap toe te vlieg en te huisves ? Kry die belastingbetaler waarde vir sy geld ?

Die funksies van n Volksraad (parlement) is om wette te maak , toesig te hou oor die uitvoerende gesag en om kiesers te verteenwwordig .

Ek stel voor n ultra klein Volksraad van 20 lede wat weekliks wissel.

Elke vyf jaar kies die volk en belangegroepe n poel van 10,000 politici/kundiges. Hierdie onbetaalde korps gaan aan met hul normale lewe maar ontvang  n agenda van nuwe wette en besonderhede van kabinetlede se verslae en planne.  As n lid van die Poel voel hy/sy het iets by te dra , dan  vra hulle om weer verkies te word. Kundiges stem vir die 20 beste kandidate en hulle dien vir daardie bepaalde saak as verteenwoordigers van die Volk.

Geen dooie hout en slapende stemvee met hierdie plan nie.

 

4 antwoorde op nuut en beter ?

  1. ‘n vriend van my het in Noorwee gebly vir ‘n jaar. ‘n Vrou het gereeld saam met hom op die trein gery, Sy was blykbaar ook altyd aan die werk op haar laptop. Eendag toe sien hy op die nuus, sy is die Eerste Minister van die land.

  2. tina10 het gesê op April 20, 2013

    hehehehe… in Afrika is dit beslis nie moontlik nie Te veel mense maak aanspraak op dele van die koek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.