by

Spam

April 7, 2013 in Uncategorized

Vandat ek  n ruk gelede oorweldig was deur spam en  alles probeer wegjaag het deur dit te spam, word ek nie meer gevra om kommentare toe te laat nie. Ek kan niemand se kommentare lees nie.

1. Was julle ook oorweldig deur  engelse vleitaal wat dan iets op julle blogspasie wou adverteer ?

2. Was kommentare op julle blogs ook onlangs weg ?

3. Of doen ek skielik iets verkeerd wat die kommentare betref. ?

7 antwoorde op Spam

  1. Kry gedurig van die goed
    hierdie ene was so snaaks dat ek dit gebere het!
    “naturally like your web site but you have to check the spelling on several of your posts. Several of them are rife with spelling issues and I find it very bothersome to tell the truth then again I will certainly come back again.”
    ek het hulle net gemerk as spam.

    Gaan na jou paneelbord en kies kommentare. Dan sal jy sien onder elke kommentaar is verskeie opsies. Daar merk jy hulle net as spam. en sie daar hulle bly weg!

  2. By my het dieselfde gebeur, maar ek het ook gemaak soos Rosie aanbeveel het en nou gaan dit weer beter.

  3. tina10 het gesê op April 8, 2013

    As jy jou askimed/t (sp?) reg gestel is word die spam opgevang. Kyk ook by Instellings – discussions As alles daar reggestel is is jou kommentaar terug. Latino het dieselfde probleem gehad

  4. katrina het gesê op April 8, 2013

    Ek het ook van verlede week sedert ek weer aktief begin blog het die uiters irriterende spam gemors gekry, vleitaal en al. Van daardie skoene goed af. Ek stuur dit summier spam toe, maar hulle maak gebruik van ‘n hele paar e-pos adresse, die wurms.

  5. Jis ek het net so las gehad van spam, maar lyk my dis darem nou bietjie onder beheer weer!

  6. perdebytjie het gesê op April 8, 2013

    Ek het ook al vleitaalboodskappe ontvang,maar net uitgevee.Niks verder het gebeur nie.Rosie se raad klink goed.Ek gaan dit ook nou doen,ingeval die aap weer probeer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.