by

Wysheid ?

April 4, 2013 in Uncategorized

Alle kulture respekteer hulle  wyse ou mense. Afgetrede leiers soos Jimmy Carter , Bill Clinton, Kofi Annan staan bekend as The Elders en word ingeroep om moeilike situasies te beredder.Kom ons gryses, wat hier blog, verbeel ons ons is wys en besluit hoe ons met  beter grondwette die politieke  gemors in Afrika kan verhoed.

Die Britse Demokratiese stelsel is oor die eeue daar ontwikkel en pas die Britte . Die haves stem Tory en die have-nots stem Labour. Elke tien jaar of so besef die meerderheid dat die bewindhebbers die pendulum te ver in n bepaalde rigting druk en dat die land daaronder lei. Die floating vote swaai dan na die opposisie en hulle kry weer vir tien jaar n kans om die pendulum terug te laat swaai.

Die Britte se styl van politiek werk net in Britanje. Elders is dit te maklik  om kiesers op te sweep en in n kraal te hou.Die floating vote verdwyn met sterk polarisasie . Daarom het dat die Nattes elke verkiesing na ’48 gewen. Daarom kan niemand van Mugabe ontslae raak n ie.Daarom gaan die ANC regeer until Jesus comes. Die ANC  ondersteuners besef hul party maak droog maar die sprong na die gehate DA is  te groot.

Hoe vermy mens hierdie polirarisasie, hierdie caste in stone politiek ? Met minder massa politiek en met  verkiesings waar slegs kandidate van een party op n slag verkiesbaar is. Vermy ook ideologiese uiterstes. Vir tien  jaar regeer n sentrum/links party, gevolg deur tien jaar van n sentrum/regs party. Hoe gedaan ? Met n slim grondwet..

Viva so n grondwet.

 

10 antwoorde op Wysheid ?

  1. Met USA wat net die 2 party opposisie het, werk dit maklik
    Of jy is ‘n Republikein of ‘n Demokraat

    By ons is daar mos 100 partye.

    Die ander ding ook is Afrika se definisie van demokrasie verskil so bietjie van die westerse wêreld.

  2. is Trevor Manuel oud genoeg om met sy uitspraak , dat apartheid nie meer ‘n verskoning kan wees vir inkompetensie nie, ernstig opgeneem kan word binne die pary waarin hy tans dien ?

  3. Deur mense net as mense te sien? Maar om hierdie siening op ander af te dwing? Op mense wat ander met tevredenheid toegelaat het om hulle “baas” en “miesies” te noem? En op diegene wat dit uit opportunisme (of vrees) gedoen het? Ek weet nie meer nie.

  4. Bruggie het gesê op April 4, 2013

    Jis ou Bruggie, jy’s n slim donner. Hulle moes jou, instede van Roelfie, destyds gebruik het om Ramaphosa uit te oorlê.

  5. Bruggie het gesê op April 4, 2013

    Toe toe julle lui boggers. Red die land !

  6. @benvanbruggen : Dis baie eenvoudig : trek die huidige DA , Cope , VryheidsFrontminus, en al die ander oposisie partye se leierskap en amptenary saam onder die enkele leierskap van Agang se Mamphele Ramphela en verslaan die ANC SAKP Cosatu aliansie met die volgende algemene verkiesing.

  7. perdebytjie het gesê op April 5, 2013

    Haai Bruggie,lyk my jy is alleen hierso.Jy moet glad jouself antwoord.Ek dink die meeste van ons het nie meer woorde oor regeerdery nie.Ons is al so voos,dat ons maar saamsleur met die waters wat verbygaan!Ek het baie oplosssings,maar om dit in te stel,sal die aarde eers ‘n slaggie moet vergaan sodat die mensDOM uitgewis is en net so ‘n paar siele oorbly!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.