Skaaknuus
April 20, 2013 in Uncategorized
Verlede Saterdagmiddag was daar amper n smêsh. Ses ou skakers en tien Grassy Park skakers daag op by die Claremont klubhuis vir n inter-klub. Toegang word geweier deur n groep kaartspelers. Die mammas hou basaar en verkoop koek. Tieners en volwassenes speel nuwerwetse kaart en kleuters rol op die matvloer .
Gelukkig was dit n lieflike dag. n Paar tafels word uit gedra en daar speel die oues en die Grassy Parkers toe buite skaak. Huiglik en uniek.
Een van ons ou staatmakers was nie daar nie. Ou Max (98) is die afgelope maande aan sy bed gekluister met twee voltydse verpleeërs . Dieselle ou Max wat al vir tien jaar grap “I might be half deaf and half blind, but not half-witted.”
Twee weke gelede speel ek teen Max skaak by sy huis. Ek en die verpleeër help hom op n stoel. Max wen die eerste spel en sowaar ook die tweede. Toe is sy go^ uit. en ek groet.
Woensdag is Max oorlede. Hy het glo graag vertel hoe hy sy ou pêl se loef afgesteek het.
Onlangse kommentare