by

Bevredig wyd.

Maart 31, 2013 in Uncategorized

Tien jaar gelede is Barry Smith soort van afgedank as orrelis van die St George Cathedral, Kaapstad. Na veertig jaar.. Hy neem toe sy koor saam die woestyn in en maak elders musiek.

Vanoggend was hy en die kern van sy koor en n orkes terug op uitnodiging om Mozart se Kroningsmis te sing tydens die hoof Paas diens.

Ek sit toe weer en bekyk die gebrandskilderde vensters, luister na die goeie orrelspel, ruik die wierook , dreunsing saam die geloofbelydenis, hoor weer die storie van hoe die aarsthertog Mozart geboelie het om die musiek kort te hou. Soos van ouds bly ek sit wanneer my koormaats vlees en bloed gaan ontvang.

Wat my opval na die diens is die enkellopendes wat draal om drukkies uit te deel en praatjies aan te knoop.Sommiges hou n privaat diensie deur n kersie te laat brand voor kant altare.

Ooral teen die mure is gedenkplate met die name van soldate wat in vervloee” oorloe” gesneuwel het.

As ongelowige wens ek die plek nie weg nie. Dit bevredig wyd.

4 antwoorde op Bevredig wyd.

  1. Ek sien jou nie as ‘n ateis nie maar agnosties. Dis ‘n lekker oop plek om te wees, soos jy nounet bewys het. Ek mis koor sing…….

  2. tina10 het gesê op Maart 31, 2013

    Eendag sal jy anders dink…

  3. Ai, Bruggie – dankie vir hierdie mooi inskrywing. As enkellopende word ek telkens ryklik geseën deur my broers en susters in Christus.

  4. Rituele bevredig?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.