by

Vroompraatjies

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Help jou medemens. Liefdevolle bemoeienis is alles. Teoreties stem ek saam. Dit maak in my kop sin.Maar wanneer push comes to shove, deins ek terug.

Ek verhuur blyplek om den brode. Dis my besigheid vir die afgelope tien jaar. Gewoonlik is dit maklik om n professionele afstand te hou. Die huurders is gewoonlik jong mense wat hul eie potjies kan krap.

Maar soms is daar n geval waar ek n verskil kan maak en die mens/huurder se probleme kan verlig. Help jou mede mens , veral jou mede Afrikaner. Raak betrokke. Veg saam. Sit n bietjie glans in n goor lewe.

Nie hierdie skynheilige nie. Liewer volstruispolitiek- kyk anner pad. Laat paaie liewer paaie skei .Jy het jou probleme, ek het myne. Dis besigheid. Professionele afstandelikheid.Ek’s nie Kersvader nie.So troos ek myself. Ek, vroomprater.

Dapperes doen. Papbroeke praat vroom.

Wat dink julle ? Trek n hulpvaardige te veel hulpbehoewendes ? Sink jy saam met die sukkelendes ?

Wat is die regte mengsel Moeder Theresa en Aartsvrek ? 80/20 ?Ek dink die meeste van ons sukkel om by 50/50 te hou. Die werklikheid: No 1 is 99% eerste. Dis lelik. Daarom praat ons vroom.

 

5 antwoorde op Vroompraatjies

  1. tina10 het gesê op Maart 30, 2013

    Ek sukkel ook met daardie ding. Die oumense wat by my om die hoek in Wendy huisies woon en vir wie ek goedjies voorsien, het skielik besluit hulle wil kuier. Die twee dames is ok maar die ander vrou stuur toe haar man saam … ek wil hulle nie in my huis hê nie. Ai ek voel vrek skuldig… ek het gemaak of ek nie tuis is nie.

    • Bruggie het gesê op Maart 30, 2013

      @tina 10 . Sulke mense het my ma destyds Ou Angel genoem. Gee n pinkie , maar bewaar jou hand , ( of berou dit )was my ma se motto.

  2. vega het gesê op Maart 30, 2013

    Dis moeilik, maar as jy ‘n Christen is, is dit makliker. Die Bybel sê wanneer dit in jou vermoë is om te help, moet jy help. En om vir ‘n arme geld te gee is soos om ‘n lening aan die Here te maak wat Hy vir jou sal terugbetaal (Spreuke.) En as jy nie jou familie help nie, is jy slegter as ‘n ongelowige 🙂
    Ek bid altyd dat God vir my moet wysheid gee om te weet wanneer ek moet help (want soms help jy die persoon in die afgrond in) maar het ook al my vingers gebrand. Rather err to the giving side than be a miser.

    • Bruggie het gesê op Maart 30, 2013

      Gee is maklik, Vega . Afstand word behou. My huurders woon in n deel van my huis. Drumpels kan maklik gladgetrap word.
      Die besluit hier is Huurder of soort van familie , for the long haul. Huiwer is nodig.

      • vega het gesê op Maart 31, 2013

        Hahaha, ek verstaan wat jy bedoel. My skoonma bly in cottage op ons erf. In die begin het sy net ingestap as ek weer sien, staan sy in my huis. Ons moes bietjie praat oor grense, daar moet grense gestel word in situasies. My skoonsussie het vir haar gesê, sy moet asb. klop. Nou sê sy ons laat haar nie welkom voel nie. Dit is moeilik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.