by

Ek, Vega en Sjina

Maart 23, 2013 in Uncategorized

Vroeer vandag suggereer ek die moderne wêreld bied oplossings vir moderne probleme. Hospitale, skole, vereensaming. Ek loof ook die Sjinese omdat hulle hongersnood en armoede suksesvol pak met hul een kind beleid.

Vega veskil. Lees gerus haar waardeerde kommentaar by my vorige blog vir die detail.

Toevallig lees ek vandag hoe Sjinese  fabrieksbase sukkel om deesdae hul staf te behou en te bekostig. Die een kind beleid het die poel werkloses laat krimp. Nou moet die base meer betaal en byvoordele verskaf.Geskoolde werkers bedank en soek beter werk.

Elders lees ek dat Sjina verskeep nou sekere fabriekswerk na Vietnam , Indie” , Bangladesh ens. waar die arbeid goedkoper is. Sjina skaal ook die invoer van ons ystererts af en gaan probeer om sy groeiende middelklas se koopkrag te gebruik om n verbruikersekonomie soos in  die VSA  te vestig.

Ek dink Vega slaan die bal mis as sy die dink die benepe Sjinese Kommuniste verlustig hulle in  die onderdrukking van hul armes. Ek glo nie 25% van die Sjinese (400 miljoen ?) behoort aan die ondergrondse Christen Kerk nie. Stalin moes die sterk, gevestigde Kerk in Rusland onderdruk.Onder Mao was daar feitlik geen Christen Kerk in Sjina nie. Die Sjinese se spiritualiteit  is ouer as Christendom . Min Sjinese het ooit verkersten.

In Islamietiese lande staan die Geloof nog steeds sentraal. In die Weste was dit vir 1500 jaar ook die geval. Die Kerk het die armes gevoed, die siekes  versorg.  Deesdae het die moderne Westerse regerings hierdie funksies oorgeneem. Middelklas gelowiges se liefdadigheidswerk is periferaal.

Ek verwelkom die afsterwe van die Kerk in ons moderne, feitlike era. Kerkdenke is gevaarlik. Gelowiges glo aan  verouderde pre-wetenskaplike geskrifte. Dit trek hul siening  skeef. Oorbevoking is n geweldige probleem wat ons moet aanpak tenspyte van sentimentele geloof dat God sal voorsien en voorbehoed is sonde.

Hoera vir moderne oplossings  soos die een kind beleid.

7 antwoorde op Ek, Vega en Sjina

  1. celia het gesê op Maart 23, 2013

    …mmm…miskien moet ons minder sit en wonder en meer ons vingers uit ons alies trek en fisies inspring om ons situasie te verbeter…

  2. Bruggie het gesê op Maart 23, 2013

    Yip

  3. tina10 het gesê op Maart 24, 2013

    Mens moet die die armoede in China miskyk nie. Derduisende mense verlaat die land en vind ‘n heenkome in ander lande omdat hulle hard kan werk.

    Interessant dat die gras altyd groener aan die ander kant is

    • Bruggie het gesê op Maart 24, 2013

      @ Tina 10 .Jy is reg , Tina. Sjina se ekonomie is wel die tweede grootste maar die per capita inkome is seker net n derde van die gemiddelde witte in Suid Afrika. Oor die afgelope 50 jaar was daar n geweldige migrasie van die arm platteland na die nuwe industriele stede, ongelukkig met erge besoedeling. Dis veral die knapstes wat na die VSA emigreer.

  4. vega het gesê op Maart 24, 2013

    Bruggie jy sê jy glo nie 25% van die Sjinese bevolking behoort aan die ondergrondse kerk nie. Jy’s reg. Die VSA se bevolking is maar 315 miljoen. My feite is uit die boek ‘Jesus in Beijing, How Christianity is Transforming China and changing the Global Balance of Power.’ geskryf deur David Aikman (Beijing Bureau Chief, TIME magazine)
    Jy sê die Christendom is vir nomadiese primitiewe mense? (op Maryna se blog). Maar in dieselfde asem sê jy die een kind beleid skep oplossings? So as ‘n regering moord aanmoedig (die mense maak hul dogtertjies dood en daar is 52 miljoen meer mans as vroue.) en menseregte wegneem is dit beter as Christelike beginsels?
    Ek gaan nie verder met jou redeneer nie. Kry jou feite reg.

    • Bruggie het gesê op Maart 24, 2013

      Vega, dis darem n reuse sprong om te sê die regering moedig moord aan. Jy is reg , manlike chauvinisme weeg swaar by veral die landelike Sjinees waaar n seun die pa se naam lewend hou. Die Sjinese leiers is bitter jammer oor die moord van vroulike babas en kla die skuldiges aan. Hierdie moorde gebeur in die geheim, definitief sonder die aanmoediging. Ontken jy enige voordele van die een kind beleid ?

  5. Interessant hoe die hele wêreldtoneel verander.Mens kan dit vergelyk met die nomades van vroeër,wat trek na beter weivelde.Alles verander,maar tog bly alles dieselfde..net op ‘n ander manier..meeste van die tyd ongelukkig tot nadeel van die omgewing.Getalle bly die mensDOM se grootste vyand!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.