by

Genade Dood.

Maart 12, 2013 in Uncategorized

In vandag se Beeld plaas Dr van Eeden die Pro Lewe argument oortuigend. Ja, dis waar, doodmaak is goedkoper as versorg. Ja, daar is afgryslike voorbeelde van kinders wat druk uitoefen op sieklike ouers om selfmoord te pleeg. Ook voorbeelde van n gesonde eggenoot wat n  maat verwyt  dat dit ongerieflik is om aan n sieklike gekluister te wees.

Genadedood kan ontaard.

Hoe behou ons die wenslike van die beskaafde verligting van pyn van n geliefde deur genadedood terwyl ons verhoed dat mense wat nie die opsie kies nie, uitgelewer is aan mense wat wil erf ?

Die een opsie is die streng wette ooral ter wêreld .

Dit ontneem die breukdeeltjie van die bevolking wat sag wil vertrek  , die reg om te besluit.

Die ander opsie is  wette wat genadedood fyn omskryf , maar die uitbuiters en die gretige erfgenames of suur eggenote vas  vat.

Die Kerk en die magtige Pro Life beweging kan bejaardes of erg gestremdes wat wil sterf bystaan en ondersteun. Verbeter die lewenskwaliteit van lydendes. Oorreed. Soos met Life Line. Ek is selfs ten gunste dat Pro Life met verwarde vroue wat aborsie oorweeg n onemosionele gesprek  voer. (Ek keur die moorde op dokters  en  onbehoorlike  druk , af.)

Genadedood behoort n opsie te wees vir ouens wat soos ek dink .  Ek wil nie eendag in my ellende deur Pro Life se beskouings aan bande gelê word nie.

 

9 antwoorde op Genade Dood.

  1. Die lewe het ontaard.

    Die mediese bedryf hou mense aan die lewe wat verhoed dat hulle doodgaan op hulle tyd.

  2. Die skakel na die berig http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Die-genade-se-lyne-20130311 vir die wat nie die Beeld gekoop en gelees het nie .

    Uiteindelik behoort die onteenseglike en die welingeligte TOESTEMMING van die pasient SELF te geld vir enige behandeling , waar behandeling dan aktiewe genadedood sekerlik sou kon insluit ?

    In die toepassing van wettige ABORSIES, soos dit tans ook in die RSA gedoen word, het die pasient ( = die ongebore baba = die fetus ) GEEN seggenskap in die besluitnemingsproses en die uitvoering van die beeindiging van syhaar LEWE nie …

    • Bruggie het gesê op Maart 12, 2013

      Exi, ons stem saam oor persoonlike keuse, maar verskil of n twaalfweek wurpie n gewensde, versorgde toekomstige kind is.Party Pro Lifers beskou die Volgende Dag Pil ook as moord.

      • @benvanbruggen : met groot respek – jy, en ek, en ons almal wat hier blog, en ook die wat nie blog nie, en almal wat tans op aarde lewe, was ook op ‘n stadium in ons lewens so ‘n twaalfweek wurmpie gewees . . .

        • Bruggie het gesê op Maart 12, 2013

          Ja,Exi,ook die straat kinders en die honderde duisende wat onversorg is en honger ly. Menseregte vir mense,
          nie potentie”le mense nie.

          • @benvanbruggen : moordende aborsies sal die onversorgde straatkindersgetalle laat afneem ? nie noodwendig nie ~ daar behoort ander oplossings vir die ‘euwel’ gesoek te word . Ja, begin om kontrasepsie en gesonde monogame liefdevolle verhoudings te bevorder en verbeter lewensomstandighede deur verantwoordelike opleiding en volhoubare werkskepping. Kuikenmoord is immoreel. En ek hoop ek versaan jou verkeerd ~ van wanneer af is die bestaansreg van finansieel minderbevoorregtes ondergeskik aan die van finansieel meer bevoorregtes in enige samelewing , wat die oorsaak vir die klasgaping ookal mag wees ? Behoede ons om van rassisme na ‘n klassisme oor te gaan !

  3. tina10 het gesê op Maart 12, 2013

    Ek dink nog hieroor… soms leer ons baie uit die lyding van mense en wat nou as daar ‘n skielike mediese deurbraak is? Wat as jou pyndrumpel maar effens is? Ek weet ook nie of my mediese kennis van so aard om werklik te oordeel nie.

    • Bruggie het gesê op Maart 12, 2013

      Ek is n pragmaat , Tina. Ons almal het uiters n honderd jaar op aarde. Die eerste sestig is die skete min. Geniet hierdie tyd. Leef voluit. Hoeveel mense ouer as 95 is vrolik ? Vat kort pad met n smaail na eie oordeel , sê ek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.