Jy blaai in die argief vir 2013 Maart.

by Bruggie

Bevredig wyd.

Maart 31, 2013 in Uncategorized

Tien jaar gelede is Barry Smith soort van afgedank as orrelis van die St George Cathedral, Kaapstad. Na veertig jaar.. Hy neem toe sy koor saam die woestyn in en maak elders musiek.

Vanoggend was hy en die kern van sy koor en n orkes terug op uitnodiging om Mozart se Kroningsmis te sing tydens die hoof Paas diens.

Ek sit toe weer en bekyk die gebrandskilderde vensters, luister na die goeie orrelspel, ruik die wierook , dreunsing saam die geloofbelydenis, hoor weer die storie van hoe die aarsthertog Mozart geboelie het om die musiek kort te hou. Soos van ouds bly ek sit wanneer my koormaats vlees en bloed gaan ontvang.

Wat my opval na die diens is die enkellopendes wat draal om drukkies uit te deel en praatjies aan te knoop.Sommiges hou n privaat diensie deur n kersie te laat brand voor kant altare.

Ooral teen die mure is gedenkplate met die name van soldate wat in vervloee” oorloe” gesneuwel het.

As ongelowige wens ek die plek nie weg nie. Dit bevredig wyd.

by Bruggie

Eureka !

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Ek was tot vannaand baie skepties oor die opportuniste wat onder die vaandel Khoi San n kleim wil afsteek tot Eerste Burgerskap. Gee terug die WesKaap ! ens. Ek was skepties oor die oorkoepelende naam. Soos ek verstaan was daar nooit  n Khoi San groep nie . Daar was Khoi (Hottentotte) en San (Boesmans). Die Khoi was beesboere, die San , primitiewe strandlopers , swerwer jagters met pyl en boog. Spoedig deur almal verdryf tot die droee” dele. Die hedendaadse opportuniste het hul gemengde bloed van die Ooste, Europa, en die Xhosas en dan ook die Khoi probeer verbloem deur fake diervel lendestukke en luiperdvel kopstukke met vere. Die San was nie baie sigbaar nie. Wel Kaapse Vlakte slimjanne wat optogte hou op hul Nike tekkies.

Tot vannaand.  Dieselfde Khoi San groep op Cape TV. Hulle doen opheffingswerk vir Ons Mense, die Khoi San. Toe besef ek . Die ouens is slim. Hulle het n polities korrekte naam uitgevind vir die Kleurlinge.  !

Tot dusver kon hierdie groep nie besluit wat om hulself te noem nie. Dit was n gesukkel met sogenaamde Kleurling, sogenaamde Bruin Mense. Afrikaanses is verwerp – willie in een kraal wees met die Boere nie.

Ons sal maar moet sien of almal inval by die nuwe sambreelnaam ,  Khoi San.  ( Ek glo nie baie het erg aan die fake velle en terugval tot primitiwiteit nie) Intussen bly meer as twee miljoen mense gemarginaliseer en naamloos. Tussen-in  mense.. Maar met n eie kultuur en taal. Hulle verdien n naam.

by Bruggie

Vroompraatjies

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Help jou medemens. Liefdevolle bemoeienis is alles. Teoreties stem ek saam. Dit maak in my kop sin.Maar wanneer push comes to shove, deins ek terug.

Ek verhuur blyplek om den brode. Dis my besigheid vir die afgelope tien jaar. Gewoonlik is dit maklik om n professionele afstand te hou. Die huurders is gewoonlik jong mense wat hul eie potjies kan krap.

Maar soms is daar n geval waar ek n verskil kan maak en die mens/huurder se probleme kan verlig. Help jou mede mens , veral jou mede Afrikaner. Raak betrokke. Veg saam. Sit n bietjie glans in n goor lewe.

Nie hierdie skynheilige nie. Liewer volstruispolitiek- kyk anner pad. Laat paaie liewer paaie skei .Jy het jou probleme, ek het myne. Dis besigheid. Professionele afstandelikheid.Ek’s nie Kersvader nie.So troos ek myself. Ek, vroomprater.

Dapperes doen. Papbroeke praat vroom.

Wat dink julle ? Trek n hulpvaardige te veel hulpbehoewendes ? Sink jy saam met die sukkelendes ?

Wat is die regte mengsel Moeder Theresa en Aartsvrek ? 80/20 ?Ek dink die meeste van ons sukkel om by 50/50 te hou. Die werklikheid: No 1 is 99% eerste. Dis lelik. Daarom praat ons vroom.

 

by Bruggie

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Bono praat sense hier

by Bruggie

Leierskap ?

Maart 30, 2013 in Uncategorized

 

Here

Sy is ongelowig, tog wys sy vir Katolieke Frankryk die weg vorentoe. Sy waardeer die Christen bemoeienis met lyding omdat dit aansluit by modern humanisme. Dit is die kern van DSJ se uitstaande rubriek in vandag se Burger.

Om aptyt vir die rubriek te wek gaan ek dele daarvan copy en paste.

In lydenstyd word die Franse intellektueel Julia Kristeva genooi om in die Notre Dame te praat .

Christus wys dat lyding gedéél kan word, ander se lyding opgeneem kan word, verlig, gedrá. Lyding word  vreugde,  liefde, wat ons God noem.

Dis dié tradisie wat die humanisme sou baar, die menswaardigheid, respek, omgee, wat  ontroerende kuns sou voortbring.

Sy droom dat dié geloof weer die dieptes van sy eie leringe mag ontdek en nuwe alliansies mag aangaan, nié met fundamentalisme en barbarisme, soos so dikwels deesdae nie, maar met die humane.

Gerrit Brand kon dalk die weg wys. Miskien die nuwe pous ook.

by Bruggie

Ek, Vega en Sjina

Maart 23, 2013 in Uncategorized

Vroeer vandag suggereer ek die moderne wêreld bied oplossings vir moderne probleme. Hospitale, skole, vereensaming. Ek loof ook die Sjinese omdat hulle hongersnood en armoede suksesvol pak met hul een kind beleid.

Vega veskil. Lees gerus haar waardeerde kommentaar by my vorige blog vir die detail.

Toevallig lees ek vandag hoe Sjinese  fabrieksbase sukkel om deesdae hul staf te behou en te bekostig. Die een kind beleid het die poel werkloses laat krimp. Nou moet die base meer betaal en byvoordele verskaf.Geskoolde werkers bedank en soek beter werk.

Elders lees ek dat Sjina verskeep nou sekere fabriekswerk na Vietnam , Indie” , Bangladesh ens. waar die arbeid goedkoper is. Sjina skaal ook die invoer van ons ystererts af en gaan probeer om sy groeiende middelklas se koopkrag te gebruik om n verbruikersekonomie soos in  die VSA  te vestig.

Ek dink Vega slaan die bal mis as sy die dink die benepe Sjinese Kommuniste verlustig hulle in  die onderdrukking van hul armes. Ek glo nie 25% van die Sjinese (400 miljoen ?) behoort aan die ondergrondse Christen Kerk nie. Stalin moes die sterk, gevestigde Kerk in Rusland onderdruk.Onder Mao was daar feitlik geen Christen Kerk in Sjina nie. Die Sjinese se spiritualiteit  is ouer as Christendom . Min Sjinese het ooit verkersten.

In Islamietiese lande staan die Geloof nog steeds sentraal. In die Weste was dit vir 1500 jaar ook die geval. Die Kerk het die armes gevoed, die siekes  versorg.  Deesdae het die moderne Westerse regerings hierdie funksies oorgeneem. Middelklas gelowiges se liefdadigheidswerk is periferaal.

Ek verwelkom die afsterwe van die Kerk in ons moderne, feitlike era. Kerkdenke is gevaarlik. Gelowiges glo aan  verouderde pre-wetenskaplike geskrifte. Dit trek hul siening  skeef. Oorbevoking is n geweldige probleem wat ons moet aanpak tenspyte van sentimentele geloof dat God sal voorsien en voorbehoed is sonde.

Hoera vir moderne oplossings  soos die een kind beleid.

by Bruggie

n Saterdag gorreltjie

Maart 23, 2013 in Uncategorized

Die Stellenbosch woordfees noop Leopold Scholtz om ook (onoortuigend) tot die godsdiens debat toe te tree.

Van die vele kommentare wat op sy rubriek volg is die van Amelia Viljoen. Sy redeneer godsdiens doen geen skade nie en moet dus gelate aanvaar  word.

Deesdae is sy ten dele reg. Daar word nie meer ouens wat vrae vra op brandstapels verbrand nie. Afrikaners hoef nie meer die hele Sondag in n  pak klere te sweet nie. Die Taliban is egter nog steeds met ons ,kinders word nog steeds gebreinspoel op skool,, die Katolieke verbied voorbehoedmiddels en die Bible Belt stem vir George Bush . Maar Cecile Cilliers  geniet haar Kerk, en vele word vertroos deur geloof.

Wat bied die moderne (ongelowige ) wêreld ?

Oplossings. Die Sjinese takel hongersnood en armoede met hul een kind beleid. Belastings word ge-in om hospitale en skole te bou. Werkloses kry toelae. TV en die internet versprei  kennis. Eensames word lid van sportklubs, leeskringe, speel bingo , skaak en brug.

Anna Botha vertel van Dr. Harry Ironside se uitdaging aan ate-i”ste. Hoeveel down-and- outs het hulle gered?  Die Kerk help volgens hom duisende alkoholiste en prostitute om hul lewe om te keer. Die AA se twaalfstap program is nie gekoppel aan n spesifieke kerk nie, maar die verslaafdes inkanteer  hulle glo in die hulp van n bo-natuurlike krag waarsonder hulle nie hul verslawing kan afskud nie. Die Weight Watchers gebruik ook  groepsdruk . Maar die AA is 99% sekulêr en doeltreffend. Die kerk se geskiedenis met die red van verslaafdes is beroerd.

Dis nogtans verstommend hoeveel mense nog in die bybel se onsin glo.

 

by Bruggie

Harde werklikheid

Maart 13, 2013 in Uncategorized

Blou Willem vertel van n ou wat Viagra in sy petroltenk gooi. Die kar loop nie beter nie maar die naald bly glo langer bo.

by Bruggie

Genade Dood.

Maart 12, 2013 in Uncategorized

In vandag se Beeld plaas Dr van Eeden die Pro Lewe argument oortuigend. Ja, dis waar, doodmaak is goedkoper as versorg. Ja, daar is afgryslike voorbeelde van kinders wat druk uitoefen op sieklike ouers om selfmoord te pleeg. Ook voorbeelde van n gesonde eggenoot wat n  maat verwyt  dat dit ongerieflik is om aan n sieklike gekluister te wees.

Genadedood kan ontaard.

Hoe behou ons die wenslike van die beskaafde verligting van pyn van n geliefde deur genadedood terwyl ons verhoed dat mense wat nie die opsie kies nie, uitgelewer is aan mense wat wil erf ?

Die een opsie is die streng wette ooral ter wêreld .

Dit ontneem die breukdeeltjie van die bevolking wat sag wil vertrek  , die reg om te besluit.

Die ander opsie is  wette wat genadedood fyn omskryf , maar die uitbuiters en die gretige erfgenames of suur eggenote vas  vat.

Die Kerk en die magtige Pro Life beweging kan bejaardes of erg gestremdes wat wil sterf bystaan en ondersteun. Verbeter die lewenskwaliteit van lydendes. Oorreed. Soos met Life Line. Ek is selfs ten gunste dat Pro Life met verwarde vroue wat aborsie oorweeg n onemosionele gesprek  voer. (Ek keur die moorde op dokters  en  onbehoorlike  druk , af.)

Genadedood behoort n opsie te wees vir ouens wat soos ek dink .  Ek wil nie eendag in my ellende deur Pro Life se beskouings aan bande gelê word nie.