by

Twee Uiterstes van Demokrasie

Februarie 6, 2013 in Uncategorized

Miljoene mense wat een keer in vyf jaar  stem teenoor duisende wat betoog/marsjeer/ griefskrifte oorhandig/ dikwels plunder.

Ek hou nie van die naamloosheid van n mob nie. Die indiwidu se super ego temper sy gedrag. Hierdie beskawende invloed verdwyn in n mob. Daarom moet mobformasie vermy word. Dit verdierlik .

Persoonlik sou ek verkies dat oortuigde aktiviste bo oppervlakkige aandagsoekers uitstyg . Rig in afgele’e plekke  hutte op waar n aktivis alleen moet oorleef vir veertig dae (lekker bybels) . Elke tiende dag sms die aktivis n uitnodiging aan n koerant om n verslaggewer te stuur om n onderhoud te kom voer. Ten minste 100 km stof en sinkplaat pad moet aangedurf word. n Jaar later mag die geregistreerde aktivis weerop hierdie manier sy saak bevorder.

Plaas vyf aktivishutte binne 10 km van mekaar sodat Solidariteit se aktivis uit verveeldheid kan oorloop vir n one -on- one met n Sosialis . Verwag ook van alle aktiviste dat hulle wyd lees en dink terwyl hulle eensaam in die woestyn afgesonder is.

Na tien jaar hiervan, word die aktiviste op n ererol van geregistreerdes geplaas.Hulle is die deurwinterde harstogtelikes.

Intussen kan die grapjasse en le”e blikke tweet.

 

10 antwoorde op Twee Uiterstes van Demokrasie

  1. Ja Ja – en dissie tweets en goed wat maak dat regerings val – nie die beredeneerde argumente van die filosowe nie!

  2. Mobrule is eintlik maar presies wat demokrasie is. Groep regte word gebruik deur die elite om gewone manne en vroue se regte te beroof en dan nog te probeer om hulle goed te laat voel daaroor.

  3. Mense word maklik meegevoer in ‘n mob.Ek was verstom oor my eie reaksie toe ons eenkeer hier in ons buurt betoog het om dit te laat omhein,nadat ons “home owners association”-voorsitter koelbloedig vermoor is!

  4. lora2me het gesê op Februarie 8, 2013

    Mense wat aggressief voel, loop dikwels in pare of groepe. Die probleem is dat die ouens in die afgeleë hutte uiteindelik weer sal betoog teen die buurman se tuinvullis, die droë rivierloop of die Solidariteitman se ras. Dis ‘n bose kringloop. Die mensdom hou van faait, bloed en binnegoed (dis seker hoekom ‘n ou halfrou steak-ie so lekker is).

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.