by

From the hip….

Februarie 2, 2013 in Uncategorized

Abrham se blog oor Fanon lig n dilemma uit. Fanon predik Black is Beautiful, maar sy dilemma is dat die egte Swart kultuur in primitiewe stamgebruike setel. Die swart elite beweeg met alle mag daarvan weg .Fanon besef primitief is nie die antwoord is nie. Inteendeel, dit ontmagtig die Wretched.

Wat ek sou noem n valse elite (Malema) neem opportunisties die kultuur van die voormalige onderdrukkers aan wanneer die nuwe nasie gebou moet word.

(Die Goue Eiers waarna Malema streef word slegs deur n moderne Staat gelewer.)

Ek dink Fanon is onnodig swartgallig. n Nuwe elite kan gerus Engels of Frans as n moderne werktuig gebruik om ook hul massas te bemagtig. Lingua Francas naas hul stamtale. Hierdie nuwe elite moet net nie die slegte aspekte van die vorige base soos gulsigheid oorneem nie. (Moedertaal skoolonderrig word deur 99% van Swart ouers verwerp. Hulle wil hul kinders n beter kans gee in die weier taallandskap.)

Wat sou Fanon  van Motsepe en Ramaphosa (sonder sy buffel) as leiers sê ?

Fanon se donker analise word bevestig  in  Kenya waar  leiers hul stamgenote bloedig mobiliseer sodat die valse elite toegang tot die Staat se vleispotte kan kry.

Ek dink n verligte swart elite kan die Wretched se lewe verbeter. Kan ongelykhede

verklein . Ongelukkig bevoordeel One Man One Vote die Malema soort vals elite.

3 antwoorde op From the hip….

  1. tina10 het gesê op Februarie 2, 2013

    Ek weet nie of Malema nog enige invloed sal hê nie Vriende verdwyn mos as die geld verdwyn

    • Bruggie het gesê op Februarie 2, 2013

      @ tina 10.Moenie vir Malema afskryf nie. Intussen is daar Blade die ryk kommunis, en Vavi onder die heavies, en n duisternis jonger Malemas . Maar jy’s reg, met Zuma vir die volgende 7 jaar in die saal, is dit pay back time vir Zoeloe konings en tradisionele leiers. Die krummels vir pipsqueeks gaan skaars wees.

  2. Die opkomende elite sal hulle nie steur aan die Wretcheds nie.Dis handig om die gepeupel dom te hou,want dan kan hulle enige twak gevoer word en hulle glo dit.So speel die politici kitaar met die massas om die leiers aan bewind te hou!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.