by

Dwelms

Februarie 2, 2013 in Uncategorized

Ek woon in n stil voorstad. My huis is nie  teen inbraak gepantser nie. Geen diefwering, geen alarm stelsel. Wel n tralie heining wat  bedelaars van die voordeur weghou. n Vorige huurder se groot kwaai hond het n reputasie gehad.

Vannaand , terwyl Suid Afrika sokker kyk, sluip twee delmslawe hier rond .

My ligte is aan. Hulle sien n (ou) man voor sy TV.  Langsaan is die enkelma huurder en haar tiener seun en hul wakker hondjie rustig tuis. My sterk laatlam is uit.

Een van die latte klouter by my laatlam se donker eerste verdieping kamer in . Hy skakel n lig aan en trek daarmee my aandag. Ek roep van onder . Ek hoor n geskarrel. Ek glip by die agterdeur uit om eers by die enkel ma en dan by my kothuis se huurders hulp te vra.

Terselfdertyd het die ander lat bo-oor  die enkelma , wat lê en lees het voor n oop venster, ingeduik. Yvette en haar kind vlug. Die lat gryp twee cell fone  en duik weer deur die venster. Hy en sy maat skarrel oor die 1.6m reling met skerp punte.

Die polisie was binne vyf minute hier. Hulle maak n saak oop sodat versekeringuitbetaling moontlik is. Die enkelma wil nie die trauma uitrek deur te wag vir vingerafdrukmanne nie.

Niemand is veilig wanneer verslaafdes steel vir dwelms nie.

(Of n vlie-ende kokkerot dit nie wragtig waag om op my been te gaan sit terwyl ek hier tik nie. Dit was besonder lekker om hom te vermorsel.)

Gaan ek nou diefwering opsit met elektriese grensdrade ,sensors en alarms ?  Twee grypdiefaanvalle in dertig jaar. Nee wat.

 

9 antwoorde op Dwelms

  1. Ai, Bruggie!
    Klawer gaan nou daagliks deur inbrake.
    Ek sal my storie nou-nou vertel.

  2. Ai tog!Niemand van ons bly gespaar nie!As ek jy is,kry ek maar so ‘n ou alarmogie wat darem net die buitekante van jou huis dek.

    • Bruggie het gesê op Februarie 3, 2013

      @dinavw . Miskien skrik n blou flitsende lig n paar af, Perdeby

      • Bruggie het gesê op Februarie 3, 2013

        @ tina10 . Dertig jaar gelede het min mense hier aan ADT behoort en duisende aan alarms bestee,want misdaad
        was laag. Deesdae is selfs n skerppunt heining n sagte teiken. Elke ou moet maar na sy geaardheid besluit hoeveel tronk

  3. tina10 het gesê op Februarie 3, 2013

    Sjoe so sal mens skrik tot in ‘n ander bloedgroep. Ek is ook nie ‘n alarm mens nie maar het die huis gekoop met diefwering voor elke liewe venstertjie. Ten minste sal ek seker hoor as die glas breek. Waarom het die hond nie geblaf nie?

  4. Die een keer in dertig jaar is nou verby – dit was maklik, die ouens gaan terugkom, gouer as wat jy dink.

    Side bet?

    • Bruggie het gesê op Februarie 3, 2013

      @ shapeshifter Henry, teen sulke desperate blitstoeslaners is daar min verweer. Al wat mens kan bepaal is die trauma tydens en kwaliteit van die res van jou lewe.Ek hoop nie hulle kom volgende keer wanneer almal slaap nie. Hopelik blaf die hondjie.

  5. Goeie genade..! Dankbaar dat jul veilig is! Jammer om te sê, maar ek maak my nat van skok!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.