Superonderwysers
Februarie 10, 2013 in Uncategorized
Een uit tien van Mzanzi se kinders geniet kwaliteit onderwys, vir die ander nege is daar min hoop.
Kan maniere nie gevind word om goeie , doeltreffende onderwys te vermeningvuldig nie.
Vyf minute is die duur van die meeste kinders se inneemvermoee”. Sal dit ooit moontlik wees vir n ster onderwyser om n vyf minute lessie te gee en dan te vertrek na dievolgende klas? Vir die res van die periode oefen die leerders onder die toesig van volwassene wat hulle vertrou en lief het.
Ster onderwysers sien nie na nie, doen nie administratiewe werk nie.
Videogrepies van werklik begaafde onderwysers van alle rasse kan gemaak word en deur die swak onderwysers as kern van n periode gebruik word.
Nog beter. Groot maatskappye rus mobiele vertoonlokale toe om hierdie videogrepies in superdooper, hoe” definisie beeld met goeie klank by township skole beskikbaar te stel. Leerders kry n kragtige whammy vir vyf minute en keer dan na hul klasonderwyser terug om in te skerp. Die kosbare toerusting bly beskikbaar deur die mobiele lokale weg te sleep en veilig te berg.
Die privaatsektor monitor effektieweteit en verbeter onmiddellik as iets flop.
Wat sê die blogger onnies ?
Onlangse kommentare