Nanny State (pleegmoeder staat?)
Januarie 18, 2013 in Uncategorized
Viagra kos n moerse klomp geld per pil. Nou bestel ouens wat dit nie kan bekostig nie van smouse op die webwerf.
Haikhona sê Sars en konfiskeer. Viagra is slegs beskikbaar met n dokters voorskrif. Mans met erektile disfunksie ly gewoonlik
ook aan hartmoeilikheid (wat gewoonlik die disfunksie veroorsaak.) Wanneer Viagra woeste seks weer moontlik maak , kom AVBOB
in die prentjie.
In groot druk word verbruikers op die gevare van rook op elke pakkie gewys. Hoekom kan dieselfde nie op die Viagraverpakking
genoeg wees nie. Veertig persent van mans word soos onnosel kinders behandel. Hoekom mag volwasse verbruikers nie self die voor en nadele opweeg nie. Nee, n dokter moet eers mooi verduidelik, en dan tog maar n paar keer per jaar die voorskrif uitskryf want kliënte is skaars.
Intussen lag hulle en Men’s Health heelpad bank toe.
Lyk my die skynheiliges het die arme slappes aan die knaters beet.
tina10 het gesê op Januarie 18, 2013
Ek dog mens koop dit sommer oor die toonbank. Ek wonder of dit nie dalk meer nagevolge het wat dit gevaarliker as rook maak?
Bruggie het gesê op Januarie 18, 2013
Al is die gevare veel groter, Tina, laat volwasse mense self besluit,sê ek.
Bruggie het gesê op Januarie 18, 2013
Motorfietsry en sweeftuigvlieg is ook doodsgevaarlik , maar kan plaasvind sonder doktersvoorskrif.
Dis n bleddie skynheilige inloopstorie.
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 18, 2013
Jou laaste sin het my nou verwoed laat giggel!
formerly twaksak het gesê op Januarie 19, 2013
Ja! Hoekom kan die ouens nie hulle eie “Stairway to Heaven” kies nie?
Bruggie het gesê op Januarie 19, 2013
Inderdaad ! Go out with a bang.
formerly twaksak het gesê op Januarie 19, 2013
Jip!
ppdgInorb het gesê op Mei 6, 2022
provigil 100mg for sale provigil online order modafinil 100mg us
zvqnwnvg het gesê op Mei 12, 2022
order modafinil 100mg generic
zmtqjmyo het gesê op Junie 16, 2022
plaquenil 200 mg make hydroxychloroquine over the counter