by

Kerneels

Januarie 17, 2013 in Uncategorized

Breytenbach skryf goed. Hy is jare der jare al betrokke by boeke. Met uitgee. Met resensies. As joernalis. As geslaagde outeur.

Dus moet n mens aanvaar dat as hy n karakter skep,  doen hy dit deurdag. En  as hy nalaat om n karakter se doen en late moreel

te bevraagteken , dan het hy n rede, of hy word  deur sy karakters oorrompel .

Een so n karakter is Joshua Gumbo. Kerneels se Piekniek by Hangklip begin waar Joshua sy mojo verloor wanneer Sonja Greissel

hom per ongeluk vol op die mond soen terwyl hy in die harwar haar ouers dood skiet in n motorkaping.

Joshua skiet nog 48 (?) mense dood om sy mojo te herwin.

Nooit suggereer Kerneels dat Joshua n monster is nie. Inteendeel. Hy word as sterk, slim, en minsaam uitgebeeld.

Ek hoor graag hoe vind ander bloggers Kerneels se uitbou van hierdie karakter .

2 antwoorde op Kerneels

  1. vega het gesê op Januarie 18, 2013

    OK nog nie gelees nie, en ongelukkig dink ek jy’t my nou afgesit 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.