by

Alkohol

Januarie 17, 2013 in Uncategorized

Jonathan Jansen vertel van n lelike rasse insident toe hy en n paar bruin vriende uitgenooi was om in die deftigste losie

krieket te kyk op Nuweland. n Wit (Engelssprekende) man het n bruin gas verneder. Die witte wou nie kalmeer nie. Hy wou die baas wees en die reëls neerlê.

As mens Jansen se hele stuk lees is dit duidelik dat hy met n klomp bagasie die uitnodiging aanvaar het. Bruines is die afgelope

150 jaar nie op Nuweland welkom nie. Jansen is oortuig dat veral die Engelssprekendes neerbuigende snobs is. En toe kom die Witte se uitbarsting wat sy vermoedens bevestig.

Ek verkwalik Jansen dat hy die insident aan die groot klok hang. Ja, rassisme leef voort. Ja , daar is nog nie genoeg fotos wat bruin en swart sporthelde in die Nuweland klubhuis vereer nie. Maar as iemand n vark is, word hy ekstra varkerig wanneer hy ure lank suip terwyl hy krieket kyk. Dit kyk Jansen gerieflik mis.

(Dieselfde geld die beteuterde Regses wat die ANC by Mangaung wou opblaas. Alkohol tas oordeel aan)

Jammer Jansen, jy speel die martelaarskaart te maklik.

6 antwoorde op Alkohol

  1. Ek dink dit is goed as daar oor rassistiese voorvalle gepraat word. Hoekom dit wegsteek?

    • Bruggie het gesê op Januarie 17, 2013

      Barend, Jansen bou n loopbaan deur Wittes op die agtervoet te plaas. By hom word dit n omgekeerde rassisme . (Ja, dis goed dat hy Wittes bewusmaak van Bruines se seer.) Die rassistiese vark in hierdie insident was n verleentheid vir die mensdom. Ek is seker ander (Wit) klublede het hul bes gedoen om die man te kalmeer en verskoning te vra. Daarvan meld Jansen niks.

  2. tina10 het gesê op Januarie 17, 2013

    Ek sou dit ook gedoen het. Waarom moet mens iemand verskoon omdat hy gesuip het?
    Jy was wel duidelik lanklaas by ‘n tipiese ‘blanke’ vleisbraai effens aan die regse kant.

    • Bruggie het gesê op Januarie 17, 2013

      Tina, As jy as Witte namens alle beskaafde mense koerant toe gehardloop het om verskoning te vra en om te kla oor die rassisme, was dit versoenend. In hierdie geval verf Jansen met n breë beskuldigende kwas die boodskap Alle Engelsprekende wittes is rassistiese snob bullies.

  3. As die ‘n ope brief aan die geagte professor is , moet ek ongelukkig jou seepborrel bars ~ ek dink nie hy lees litnet se wordpress blogs nie en ek dink ook nie hy ken enige iemand wat wel gereeld hier ginnegaap nie.

  4. Ongelukkig leef rassisme voort….. na al die kante toe. Die bruin mense kry nogal swaar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.