by

persoonlike hemel

Januarie 15, 2013 in Uncategorized

Met Tina se gesondheid vra ek dat hierdie possie ligtelik opgeneem word. Ek wil nie torring aan gelowiges nie (al is dit lekker

om terpentyn onder Exi se stert te verf)

Die bybel is vir n primitiewe klomp nomade geskryf. En toe kom Calvyn  en hy dik die sondaar/ skuldgevoel aan.

Die moderne mens is n verbruiker. Customer is King. Daarom kort ons n nuwe bybel waar die hemel n reeks hotelle of vakansieoorde aanbied, met brossures. Elke gelowige kan dan na eie smaak mik na die hemel van sy keuse.

Latino sal kan aansit by lekker skof snitte of sagte Angus vleis. Modderkoekie sal vra vir baie bouvalle en oudhede winkels.

Ek sal lekker in kore kan sing en op duur bergfietse rondry.

Maar die grootste verskil sal wees die bestuur/verbruiker verhouding. Dit moet wees “Welkom Broer, hoe kan ek help” instede van

“Sondaar, staan daar in  die hoek totdat ek besluit of jy hoegenaamd mag binnekom”

Bevryding is op hande !

10 antwoorde op persoonlike hemel

  1. Ja ou Ben , roer maar jou gifpot terwyl dit prut . En wink tog jou ander maatjie Johan Pienaar ook weer nader . Ek sien Mariacallas007 is reeds hier met haar boeiende bydraes .

    Dan is julle spotterskringsitters mos weer amper voltallig ?

    O nee , daar is steeds ‘n hele paar ande,r wie se name in die gedagtes opkom, wat nie meer so gereeld hul sinkbomme hier kon stukkend trap nie …

    groetnis,

    on-aangemelde

    exionperfexi

  2. Bruggie het gesê op Januarie 15, 2013

    Exi ,en die Taliban, klou aan die verlede.

  3. Vyf sterre vir hierdie pos. Dalk begin Litnet weer leef! Ek kies die hemel met al die beste gholfbane in die wêreld. St Andrews, Pebbel beach, Augusta en George golf baan.

  4. tina10 het gesê op Januarie 15, 2013

    hehehehe… jy is snaaks.
    Met al die spot kan jy dalk reg wees en sal elkeen die hiernamaals anders beleef. Ek weet net nie of indien jy nou nie glo nie sal kan aanspraak maak op die koor en die bergfiets… maar dan kan dinge mos nog verander?

  5. anders as sommige Christene het ek niks teen goedige spot nie.
    Ek sal wil gaan na die hemel waar ons kan eet en eet en nie oorgewig raak nie. die ander aktiwiteitesal nie saakmaak nie, solank ek nie vir @mariacallas moet help gholfballe soek nie

  6. Jy moet leer om Calvyn reg te spel,jou sondaar!

Los ’n antwoord vir kopkrapper. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.