Blieng
Januarie 12, 2013 in Uncategorized
Johanna van Eeden van Die Volksblad kla jong mense met n swak matriek of laer wil nie teen R900 per maande
huisbediendes of tuinwerkers word nie. Met die soort geld kan niemand blieng bekostig nie. Die gangstas/dwelmsmouse
ry met fensie karre, dra fensie klere.
Party jonges wil staatsamptenare word want hulle ry Q7’s.
En dan is daar staatstoelaes van oor n duisend rand per kop.
Voorstel: Die privaatsektor vermy blieng toetentaal. Johan Rupert ry met n tienjaar oue Mazda en kyk skeef na
middelvlakmanne wat spog met hulle vyf jaar oue Picanto. Zuma, Nzimandi, Ramaphosa, Zoemat Pietersen probeer vir Rupert oortref.
Hulle Mazdas is ouer en die bande net net wettig. Daars dalk ook sigbare roes!
Voortstel. Die bendes word vasgevat en hul blieng word opgeveil .
Voorstel. Ophef word gemaak van jonges wat knap loodgieters, elektrisiëns,pleisteraars, skrynwerkers, mekkenieks word.
En Rupert kom steeds veilig en betyds by die lughawe waar ons annerpad kyk as hy sakeklas vlieg.
tina10 het gesê op Januarie 12, 2013
Baie mense se ideale is groter as realiteit.
Bruggie het gesê op Januarie 12, 2013
Jy konk te maklik in, Tina. As n ideal sin maak en probleme oplos, is dit sinneloos om dit nie in realiteit te omskep nie.
Gulsig en Jaloers is albei euwels. En wie bewonder oppervlakkige bliengenaars ? Leiers met gravitas
kan n voorbeeld stel.
Bruggie het gesê op Januarie 12, 2013
Ek probeer te vergeefs om die Blieng pos te edit. Die verbeterde
stuk word netjies gestoor buite sig. Met die ou stelsel was dit toef tjaf
PIXIE het gesê op Januarie 13, 2013
Toemaar Bruggie. Ek sukkel net so. As jou blog eers op is, is hy op en jy kry hom nie vir al die geld in die wereld ge”edit” nie! Ek en Manlief praat juis gister oor matrieks met swak punte wat nie wil gaan werk nie en op hulle ouers se nekke le. Gaan stap ‘n draai deur ‘n groot winkelsentrum en gaan klop aan elke deur. Begin werk as ‘n pakker in Checkers en werk jouself op. Dis nie nodig om ‘n tuinwerker te word as dit jou dan nie aanstaan nie. Daar is moontlihede, mense moet net weet waar om te begin soek. En vir eers vergeet van die bling en dink aan oorlewing.
loudavisi het gesê op Januarie 12, 2013
Ek hou van jou voorstelle.
Ding is net.wie gaan ag gee?
deonleroux het gesê op Januarie 12, 2013
Ek minag mense wat beter probeer lyk as wat hulle is. My Conquest dateer uit die vorige eeu en die Nissan-bakkie vat aan 280 000 km. Maar ek skuld niemand ‘n sent nie. Ek moes kruip voor ek kon loop, maar vandag wil jongmense dadelik vlieg.
Bruggie het gesê op Januarie 12, 2013
Deon , Ek weet waar jy staan oor aardverwarming, dus gaan ek nie spog met my fietsry nie.
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 12, 2013
Klink goed! Ek wens dit kon gedoen word!
adage het gesê op Januarie 12, 2013
R900 per maand?
Nee man huis- en tuinbediendes verdien veel meer.
Bruggie het gesê op Januarie 12, 2013
Jy’s reg. Weet nie waar Johanna van Eeden aan R900 kom nie.
formerly twaksak het gesê op Januarie 13, 2013
Iewers moet die verskriklike verbruikerskultuur die nekslag kry. Dis net te veel…
monicahaddad het gesê op Januarie 13, 2013
Veldtogte werk, ek dink nou sommer aan Daan Desimaal en Hou SA skoon, op skoolvlak. Dis die enigste manier om bewuswording te skep, en dit steek vas.
Safe Travellings het gesê op Januarie 14, 2013
Ek en Jumps het die ander dag ‘n interessante gesprek met ‘n vriend gehad. Diè vertel ons van ‘n nuwe kultuur onder die Formerly Disadvantaged with New Money. Apparently koop hulle hul Lacoste hempies en designer jeanpants en al dit. En dan hou hulle partytjies en skeur hul duur hemde van hul lywe af en steek hulle R200 note aan die brand.
Want hulle kan.
Daar heers totale minagting en disrespek vir geld.
Waarom sal daar dan gesettle word vir ‘n tydelik pos as ‘n huiswerker of inkopie-pakker?
Bruggie het gesê op Januarie 14, 2013
Sjoe ! dis erg