by

Cadre deployment.

Januarie 9, 2013 in Uncategorized

Aanhangers word bevorder. Bane word geskep. Skuld word  vereffen. Neem die geval van die L.O.

pos op my ou Hoërskool, geniet deur n voormalige Springbokswemmer en oudleerling.

Die ou se somerdae het bestaan deur rustig in die koelte naby die skool swembad te lê met n slapband boek en donker bril.

Elke veertig minute storm die volgende klas tiener seuns swembad toe.  Heerlike vooruitsig. Dertig minute kalvater saam met

klasmaats.

L.O onnie skree “Jump in” en na dertig minute ” Out”.  Intussen lê hy rustig en lees.

In die winter stuur hy klas na klas op n vyf kilometer veldloop.

Seuns kry oefening . n Oud Springbok sy salaris. Almal gelukkig.

Geslaagde Cadre Deployment.

3 antwoorde op Cadre deployment.

  1. ons het baie ydel LO onderwyseres gehad wat haar figuur fyn dopgehou het. Het dus alles saam ment ons gedoen
    ons skool was swembadloos in die hittige Pretoria

  2. tina10 het gesê op Januarie 9, 2013

    Eish … nou gebeur dit regtig nie meer nie en ons kweek dik oorgewig, lui kinders

  3. Ek sit sonder woorde.
    Dit klink so maklik….dalk het ek die verkeerde rigting gekies.

    ?

Los ’n antwoord vir tina10. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.