ANC rassisties
Januarie 31, 2013 in Uncategorized
bevind n ondersoek. Minderhede voel uitgesluit.
Wat nou ?
Kortbroek, Oosthuizen en Mulder verloor nie hulle joppe nie want hulle is tokens. Pravin Gordhan behou syne want hy is knap en diplomaties.
Maar landwyd sal die ANC steeds(duisende ?) swart Councilors verkies en die BEE kontrakte sal byna uitsluitlik Swartes baat.
Beteken die ontnugtering van Indie”r, Bruin, en Wit ANC ondersteuners veel ? Nee, want hulle is te min.
Miskien krimp die ANC se meerderheid tot 55% in 2014. As die ANC daarna die Ramaphosa koers inslaan sal Cosatu dit heftig opponeer met Rolling Mass action.(Ek sou verkies dat n Noodtoestand dan uitgeroep word om orde te herstel.)
Die land gaan in die nabye toekoms brand. As ons die vure met die huidige grondwet demokraties blus, is n reeks verkiesings waarskynlik.Miskien met onstabiele koallisies. Elke paar maande , soos in in Italie” of soos in Duitsland met die opkoms van Hitler. Met die ANC en n linkser Arbeiders Party (Cosatu) die hoofspelers wat dit uitspook.
En as die stof miskien gaan lê , is daar nog steeds miljoene swart werkloses en beter af Wit, Bruin en Indier minderhede. En miskien hier en daar n Pravin Gordhan wat deur oorweldigende talent n hoe” pos kry.
Een man Een stem bemagtig die (Swart)meerderheid. As die speel van die Raskaart die meeste stemme bring , gaan hy gespeel word.
Die ANC is RYK en populisties.Daarom staan n Groot Geld party soos die DA geen kans nie.
Watse kans staan n nuwe ,nie-rassige ,party met eerlike , swart gesigte , gemik
op die knap Swart middelklas? Geen kans, want hulle is te min. En te maklik uitgekryt as verraaiers en coconuts.
Die politiek bied geen hoop vir minderhede in Suid Afrika nie. n Vrye ekonomie wel.
Die ANC rassities ? Natuurlik.
Individue met talent kan emigreer. Vir die res is dit kop om laag en hoop die (rassistiese) Olifante trap jou nie te seer nie.
Onlangse kommentare