by

Lyfwagte

Oktober 30, 2012 in Uncategorized

Vise President Motlanthe kla oor sy 22 lyfwagte. Hulle moet ooral saam. As hulle hom veilig by sy huis besorg het, is hy feitlik in gevangene totdat hulle hom weer iewers heen begelei.

Gangsters, Hollywood sterre, sommige sportpersoonlikhede het ook lyfwagte.

In n land soos Israel wat permanent oorlog voer teen selfmoordekstremiste kan n mens verstaan dat lyfwagte vir politici noodsaaklik is.

Maar in Suid Afrika ?

Verwoerd is in die parlement doodgesteek, maar destyds was noodtoestande in ons land algemeen. Of onthou ek verkeerd.

n Gedagte: Ek wonder of die styl van politiek nie sagter sal wees as lyfwagte en blou ligte nie n opsie is nie. Soos in Paul Kruger se tyd.

6 antwoorde op Lyfwagte

  1. Tertius het gesê op Oktober 30, 2012

    22 lyfwagte ??!! Liewe bliksem! Ek sou dink twee is meer as genoeg.

  2. Veral in ‘n staat waarin daar lankal ‘n semi-burgeroorlog heers, moet die voetsoldate bereid wees om belastinggeld af te staan aan lyfwagte wat die heersende heerser van die land kan beskerm.

  3. Lyfwagte en blou ligte pas die ouens se image. Dis soos ‘n spietkop se keps.

  4. katrina het gesê op Oktober 31, 2012

    Ja-nee, daar word seker gemaak dat niks gebeur nie. Behalwe natuurlik vir ‘n muskiet of twee wat so deur die netwerk sal kan glip!

  5. 22 is bietjie baie donner…

    Vir wie of wat is hulle voor bang om soveel lyfwagte aan te hou

  6. tina10 het gesê op Januarie 1, 2013

    @benvanbruggen Hier is hy … jy moet net opdateer dan is jy op die lys. Jy hoef nie te blog nie as mens net vir jou kan @ kommentaar stuur is dit reg

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.