by

Dromer

Oktober 16, 2012 in Sonder kategorie

My ma was n doen/dromer. (n Bietjie agtergrond. Vier jaar oud pas sy haar ses jaar oud suster op. Grootsus is te bang om alleen donkiekar te ry Vrystaatse plaasskooltjie toe.Matrikuleer op 14 . B.Sc. met wiskunde en Skeinat drie jaar later. Sien kans vir n geskeide alkoholis/digter/Afrikanerpatriot/tenoorsingende/romantikus/boheem . )

Na n paar jaar kom sy as enkelma min of meer op die been . Sy koop n huis op skuld. Pak nogtans n moerse taak aan om n tennisbaan aan te lê op die skuins erf.

Dronk Groot Liefde word bejammer toe hy sy werk finaal verloor. Ons woon in die omskepte garage sodat die hoofhuis verhuur kan word.

Drome word gedroom . Dronke kan dalk ophou drink as hy rustig kan sit en skryf. n Kaal plot word op skuld gekoop vyftien myl Noord

langs die Jukskei rivier. n Groot dam word op die hoogste punt  uitgehol. n Huis bo-op n effense kransie word beplan. Dis n avontuur om met die uitgespoelde grondpaadjie weekliks die stilstaande projek te besoek.

Alles te vergeef. Dronke sterf n paar jaar later alleen in n gehuurde kamer.

Sonder die meulsteen vorder sy fluks. 

Toe daar van haar droom van n matriagie niks kom nie , koop sy op 55 n stuk grond naby

Tzaneen. Weereens n dam bou, honderde avokado en litchi en papaaijas aanplant. Toe ek nie wil boer nie, vertrou sy n plaaslike

ou met n trekker .  Na n paar jaar van geen wins, verkoop sy toe maar die plasie aan die ou met die trekker.

Emfeseem trek haar plat. Dae van groot droom en doen verby.

14 antwoorde op Dromer

  1. Anha1972 het gesê op Oktober 16, 2012

    Hoe koop mens dan anders ‘n huis as dit nie op skuld is nie?

  2. Jy is reg . Niks besonders aan die skuld nie. Miskien was verbande destyds makliker.

  3. Neander het gesê op Oktober 16, 2012

    Sjoe, dis jammer.

  4. Ai ou Bruggie!

  5. lora2me het gesê op Oktober 16, 2012

    Sy was ‘n groot dromer – dis net jammer ander het haar uitgebuit. Jy kan trots wees op haar, want sy kon vorentoe kyk.

  6. Ek is baie trots op haar. Dankie, Lora.

  7. Foitog!

    Sy was ‘n vegter!!!!

  8. Maintain hope in the midst of despair…..

    Dis ‘n fantastiese eienskap

  9. jou ma klink nie net na ‘n sterk vrou nie, ook een met ‘n ruim hart

  10. Dankie aan almal. Ek oor n jaar op wordpress weer
    van haar vertel.

  11. Ai,Bruggie!Jou ma klink na ‘n sterk vrou!

  12. avega het gesê op Oktober 16, 2012

    Dit was moeilike tye, maar sy klink soos ‘n slim sterk vrou.

  13. ezile het gesê op Oktober 19, 2012

    Dis so ‘n mooi huldeblyk aan ‘n vrou wat nooit moed opgegee het nie. En haar gene is in jou ook. Sterkte met alles wat jy aanpak.

  14. Dankie Ezile.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.