by

Party gebonde

Oktober 1, 2012 in Sonder kategorie

Vir die afgelope 100 jaar predik almal demokrasie. Die gewone mens tel. Die gewone mens regeer. Weg met diktators , konings en adelikes. Dis nou die man in die straat. Die voetsool ou bepaal.

Twak, in die geval van Suid Afrika.

Hier by ons was dit party politiek.

Piet was n Nat van geboorte , en Hendry was n Sap. Klaar gelag.

Plaaslik kon DIE PARTY  n donkie as kandidaat stel en die party se gevange stemvee het hom ingestem.

Deesdae dieselfde met die ANC.

Ek dink dis tyd vir n grondwet wat werklik elke burger se stem vloeibaar maak. Daar moet n staatsverkiesingsorganisasie wees wat

dit maklik maak vir plaaslike leiers soos skoolhoofde, hosptitaal matrones, sport administrateurs, suksesvolle entrepreneurs om buite partyverband n paar honderd stemme te trek. Al hierdie duisende openbare verteenwoordiges gaan voort met hul plaaslike werk.

Hul kry geen salaris nie.  Om die beurt word hulle afgevaardig om vir n week namens hul belangegroep  in die parlement onafhanklik saam te praat.

Loot ook elke week 10 gewone burgers om in die parlement saam te praat namens die gewone burger. Cut out the middel man.

Ek dink nog oor hoe die volk moet stem vir n President, en vir tien kabinetslede. Sonder n uitgerekte, emosionele sirkus. Die beste man/vrou vir die jop.  n Agentskap wat headhunt en kandidate uitdun ?

Nou sit ons met Mangaung en ANC takke wat hul kandidaat verbete steun want hul plek by die trog is in gedrang.  Tak discipline en Toi toi.

Waars die voetsool ou van alle rasse ?

8 antwoorde op Party gebonde

  1. Goeie idees,maar as die kos in die trog eers geproe is,gaan niemand dit los vir ‘n ander sisteem nie.Ons kan maar droom..laat mens beter voel.

  2. TS het gesê op Oktober 1, 2012

    Dis dalk te laat daarvoor…

  3. Goeie antwoord, Bytjie.

  4. endlich het gesê op Oktober 1, 2012

    ek hou van jou term “stemvee”
    goed gestel

  5. Carol460 het gesê op Oktober 1, 2012

    Ai tog ! Sug !

  6. katrina het gesê op Oktober 2, 2012

    Politiek bly maar ‘n groot woord en ja, mense kan mekaar nie van ‘n ander siening oortuig nie. Mense word net warmer om die kraag en in die goeie ou dae, so hoor ek, het hulle mekaar sommer met stoele gemoker wanneer ‘n vergadering wild geraak het!

  7. Ag die stront sal ook stop as mens met die belasting wat jy betaal, stemme kry – sodat die ouens wat gedwing word om die meeste te betaal, die meeste se het…

    Soos dit is, tel ‘n no hoper op staatshulp se stem dieselfde as die van ‘n man wat twintig miljoen aan SARS betaal. Dis verkeerd.

  8. Ek steun jou voorstel, Hendry, maar ongelukkig is ons hoogs uit die oude doos.
    Gladnie PC nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.