Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

by Bruggie

Lyfwagte

Oktober 30, 2012 in Uncategorized

Vise President Motlanthe kla oor sy 22 lyfwagte. Hulle moet ooral saam. As hulle hom veilig by sy huis besorg het, is hy feitlik in gevangene totdat hulle hom weer iewers heen begelei.

Gangsters, Hollywood sterre, sommige sportpersoonlikhede het ook lyfwagte.

In n land soos Israel wat permanent oorlog voer teen selfmoordekstremiste kan n mens verstaan dat lyfwagte vir politici noodsaaklik is.

Maar in Suid Afrika ?

Verwoerd is in die parlement doodgesteek, maar destyds was noodtoestande in ons land algemeen. Of onthou ek verkeerd.

n Gedagte: Ek wonder of die styl van politiek nie sagter sal wees as lyfwagte en blou ligte nie n opsie is nie. Soos in Paul Kruger se tyd.

by Bruggie

Hullo almal

Oktober 26, 2012 in Uncategorized

Voel -voel op die nuwe werf. Ek sien Zeppie help mooi. Kon nog niks van Modderkoekie lees nie.

Groete, Bruggie

by Bruggie

Hullo

Oktober 26, 2012 in Uncategorized

Voetjie vir voetjie . Lank laas Tina se grappies gelees.

by Bruggie

Kom agteros ook in die kraal ?

Oktober 18, 2012 in Sonder kategorie

Charles Smith bespreek tong in die kies n agentskap wat moderne mammas in staat stel om hulself te bevrug met die sperm van wêreldbekendes. Teen  15000 dollar n botteltjie.

Charles reken Cheetarugby kan gered word as net die beste rugbysterre getap word. Maar dan vertrou hy nie die mammas nie.

Hoe gaan ons weet hulle ruil nie die botteltjie Os du Rand met enetjie van Nataniel om nie ?

by Bruggie

Sleng

Oktober 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek hoop julle het Cecile Celliers se grapstukkie in Beeld geniet.

Sy onthou hoe Jacomina  Lourens destyds op n plattlelandse skooltjie pragtige Engels gebruik het in haar opstel oor n piekniek.

“Suddenly my brother he shout Sleng ! Sleng ! when a Sleng run over his bones.”

Cecile meen alle Suid Afrikaners verstaan .

by Bruggie

Dromer

Oktober 16, 2012 in Sonder kategorie

My ma was n doen/dromer. (n Bietjie agtergrond. Vier jaar oud pas sy haar ses jaar oud suster op. Grootsus is te bang om alleen donkiekar te ry Vrystaatse plaasskooltjie toe.Matrikuleer op 14 . B.Sc. met wiskunde en Skeinat drie jaar later. Sien kans vir n geskeide alkoholis/digter/Afrikanerpatriot/tenoorsingende/romantikus/boheem . )

Na n paar jaar kom sy as enkelma min of meer op die been . Sy koop n huis op skuld. Pak nogtans n moerse taak aan om n tennisbaan aan te lê op die skuins erf.

Dronk Groot Liefde word bejammer toe hy sy werk finaal verloor. Ons woon in die omskepte garage sodat die hoofhuis verhuur kan word.

Drome word gedroom . Dronke kan dalk ophou drink as hy rustig kan sit en skryf. n Kaal plot word op skuld gekoop vyftien myl Noord

langs die Jukskei rivier. n Groot dam word op die hoogste punt  uitgehol. n Huis bo-op n effense kransie word beplan. Dis n avontuur om met die uitgespoelde grondpaadjie weekliks die stilstaande projek te besoek.

Alles te vergeef. Dronke sterf n paar jaar later alleen in n gehuurde kamer.

Sonder die meulsteen vorder sy fluks. 

Toe daar van haar droom van n matriagie niks kom nie , koop sy op 55 n stuk grond naby

Tzaneen. Weereens n dam bou, honderde avokado en litchi en papaaijas aanplant. Toe ek nie wil boer nie, vertrou sy n plaaslike

ou met n trekker .  Na n paar jaar van geen wins, verkoop sy toe maar die plasie aan die ou met die trekker.

Emfeseem trek haar plat. Dae van groot droom en doen verby.

by Bruggie

Skuis oorskuifel

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Geilblinkadvokaat voer joponderhoud met Blondie.

Juffie, ek vertrou jy kan flink parrafeer.

Moenie worrie nie !  My mini is kort en n  pantie is te benoud.

(Stuur die ander kandidate huistoe. Slang-in-die gras is wakker.)

by Bruggie

Behings of bewurmpie ?

Oktober 2, 2012 in Sonder kategorie

n Onlangse studie beweer dat die manne van die Kongo voor loop met 18 cm.

Suid Aftrikaanse mans meer beskeie met 15.7

Die Koreane tel in die miljoene maar spog met slegs 9.6.

Dis glo net n man-ding. Vaardigheid tel meer, sê vroue wat weet.

by Bruggie

Party gebonde

Oktober 1, 2012 in Sonder kategorie

Vir die afgelope 100 jaar predik almal demokrasie. Die gewone mens tel. Die gewone mens regeer. Weg met diktators , konings en adelikes. Dis nou die man in die straat. Die voetsool ou bepaal.

Twak, in die geval van Suid Afrika.

Hier by ons was dit party politiek.

Piet was n Nat van geboorte , en Hendry was n Sap. Klaar gelag.

Plaaslik kon DIE PARTY  n donkie as kandidaat stel en die party se gevange stemvee het hom ingestem.

Deesdae dieselfde met die ANC.

Ek dink dis tyd vir n grondwet wat werklik elke burger se stem vloeibaar maak. Daar moet n staatsverkiesingsorganisasie wees wat

dit maklik maak vir plaaslike leiers soos skoolhoofde, hosptitaal matrones, sport administrateurs, suksesvolle entrepreneurs om buite partyverband n paar honderd stemme te trek. Al hierdie duisende openbare verteenwoordiges gaan voort met hul plaaslike werk.

Hul kry geen salaris nie.  Om die beurt word hulle afgevaardig om vir n week namens hul belangegroep  in die parlement onafhanklik saam te praat.

Loot ook elke week 10 gewone burgers om in die parlement saam te praat namens die gewone burger. Cut out the middel man.

Ek dink nog oor hoe die volk moet stem vir n President, en vir tien kabinetslede. Sonder n uitgerekte, emosionele sirkus. Die beste man/vrou vir die jop.  n Agentskap wat headhunt en kandidate uitdun ?

Nou sit ons met Mangaung en ANC takke wat hul kandidaat verbete steun want hul plek by die trog is in gedrang.  Tak discipline en Toi toi.

Waars die voetsool ou van alle rasse ?