by

Duimpies

September 29, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees Leopold Scholtz se rubriek oor hoe plaaslike regses hulself en die Afrikaner-saak verongeluk . Hul saak het meriete. Hulle wil

plaasmoorde en die ANC se onvermoeë om dit stop te sit, dramaties onder die wêreld se aandag bring.

Hulle besluit om, in samewerking met n Vlaamse (?) verregse groep , n  geleentheid te kaap waartydens Nelson

Mandela vereer word.

Volgens Scholtz het n afgesaagde tirade deur Ahmed Katradra die wêreldmedia vervreem toe hy uitvaar teen die Nazi-agtige Afrikaners.  Die buffelagtige ontwrigtingpoging van ons regses en hul plaaslike venote met rookbomme en slagspeuke teen Madela, die terroris, red egter die geleentheid vir die ANC en bevestig Katradra se Nazi smet.

Ek stem hartlik met Scholtz saam dat hierdie poging stoopid was.

Wat my verbaas is die (ge-orkestreerde ?) kommentare van plaaslike Scholtz haters op sy rubriek in Beeld.

Almal wat vir Scholtz aanval kry 50 of meer op duimpies. Ouens wat met hom saamstem dat hulle skaam is vir die verleentheid wat die fanate vir die deursnee Afrikaner is, word oorstroom deur af duimpies.

As ons die duimpies moet glo, dink 95% van Afrikaners Mandela is n terroris wat hom verheug oor plaasmoorde.

Afrikaanse koerante kan seker die giftige opinies van verregses sensureer om hulle gratis oprui geleentheid te ontneem .

n Manier kan seker gekry word om die manipuleer van op en af duimpies te keer.

Ek sê : Geen sensuur nie. Laat manipulering van duimpies toe.

Hoekom ?

Want ek het vertroue in die gesonde verstand van mede Afrikaners om die meriete van Scholtz se argument teen die van die naamlose fanate op te weeg.

En die duimpies?  Beskou hulle as n desperate poging van fanate om die waarheid dood te gil. Kubergeraas.

6 antwoorde op Duimpies

  1. Kubergeraas?
    Dis seker hoekom my ore nou so tuit!

  2. TS het gesê op September 29, 2012

    Daar was nog altyd fanatiese mense? Ek wonder of daar nog van altyd af kubergeraas was maar dat ons dit net nie kon hoor nie – eggo’s van alle tye?

  3. Tina , solank ons besef dat vier of vyf
    skewes deesdae gemaklik die illusie van n oormag kan skep.

    Enige idioot kan tien keer n op duimpie
    gooi vir sy opinie, en tien keer n affe
    teen sy opponent.

    Met verkiesingtyd stoot hulle nie eers n party in die veld nie. Onbenullige, maar groot lawaai.

  4. die waarheid is dat oom Nelson nie meer die energie oor het om oor sy eie ‘indirekte’ teroristiese wandade in die openbaar te rasionaliseer nie .

    en die wat nou sulke duimpies gooi om regse wanpersepsies en vervoeilikheid te “like”, gooi eintlik net duim om te ryloop na kammaland waarna hulle sou wou repatrieer as daar so ‘n plekkie onder die son vir hulle was.

  5. Was ek nou ‘n komplotteoretikus het ek gesê die regses is erg geinfiltreer…

  6. Onnosele fanatici bevark gewoonlik hul eie saak met sotlike optredes.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.