by

Dronkbestuur

September 25, 2012 in Sonder kategorie

Waarom bestuur feitlik alle drinkers , ek by tye lank gelede ingesluit, dronk ?

Dieselfde mense stem saam dat dronkbestuur verkeerd is. Wanneer hulle nugter is.

Almal weet dat alkohol jou oordeel verwoes. n Dronke sien kans vir enigiets. Hy verander skielik in n supermens.

Met al die kennis is dit mos logies om vooraf te reël vir a designated driver. Of n huurmotor.

Kuier gerus. Maar verantwoordelik.

15 antwoorde op Dronkbestuur

  1. ek het die grap gaan reg maak!

  2. TS het gesê op September 25, 2012

    Engel die naweek is verby… jy is te laat!!!!!

  3. Ek stem saam. My man drink meer as ek as ons uitgaan (ek is deesdae te vol pyne vir meer as een glas)en ek besluit altyd vooraf dat ek sal bestuur. Dit sou nogal gehelp het as ALLE dronk mense omkap en slaap nadat hulle gedrink het en eers ry as hulle wakker word.

  4. frikve het gesê op September 25, 2012

    20 jaar gelede het ek drank gelos om persoonlike redes – hengse persoonlike redes – survival redes – anyway, mens staan verstom as jy sien hoe ouens met ‘n lyf in hul karre klim en die pad vat. Behalwe dat hy homself en ander in gevaar stel, is die Metropolisie deesdae die verkeerde ouens om met ‘n lyf te konfronteer.

  5. “don’t drink alcohol and drive, smoke dagga and flyyyyy !!!” ? skuus, ek lees jy is ernstig – ek stem, dit moet as halsmisdaad geklassifiseer word…

  6. Drank verdra nie onreg nie 😉

  7. My jongste word oor drie weke 21 en hy wil groot makietie aan huis hou. Sy ouboet laat almal hulle sleutels in ‘n hoed ingooi. GEEN sleutel word aan ‘n gedrinkte oorhandig nie en oorslaap is ‘n vereiste.

  8. Verstandig. Die regte klimaat kan die probleem hokslaan.Welgedaan.

  9. Baie dankie. Met oudste se 21st het ons dieselfde gedoen met geen ongevalle.

  10. Want hoe dronker hulle word, hoe ” slimmer” raak hulle ! Hier en daar is darem ‘n verstandige drinker ! XX

  11. As ek weet ons gaan iewers, dan gebruik en nie!
    Een verantwoordelike een in ‘n gesin is genoeg

    Ok, ek moet erken dat ons maar min iewers heen gaan….:D

  12. As daar maar so ‘n veldtog geloods word teen drinkers soos teen rokers,sal dit dalk die probleem verlig.

  13. Goeie idee Bytjie!

  14. Hiehie – lou is ONverantwoordelik by haar huis!!!! ;-))))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.