by

Swane op fietse

September 16, 2012 in Sonder kategorie

Lees hoe raak skryf die moeder van my twee oudste kinders oor n dag in haar lewe in Holland.

Sy pas n sterwende omie op in n woonstel op die agste verdieping naby Arnhem.

Ek wou haar e-pos copy en paste maar kry dit nie reg nie.

Nou sal ek maar moet opsom wat sy sê.

Terwyl haar pasient vroeg soggens slaap, sit sy op die balkon met n lekker koppie koffie.

Vrydag het kinders op pad skool toe vir haar gewuif.

Saterdagoggend ervaar sy stil die nuwe dag. Sy verwag geen kindergroete nie en kyk uit op die

stroom water aan die voet van die gebou.

Skielik sien sy iets eg Hollands. n Pa en Ma op fietse gevolg deur ses kinders  op  n fietsrit deur die

platteland. Haar beeld: Twee swane met hul kuikens in gelid.

12 antwoorde op Swane op fietse

  1. Bruggie, die sorgeloosheid waarmee die mense in Holland, Duitsland en Frankryk fietsry, het my ook opgeval tydens my onlangse besoek daar.

    Daardie mense ervaar nog lewens kwaliteit………

  2. Dis mooi.

  3. TS het gesê op September 16, 2012

    Die hartseer mooi! Dankie vir die deel …

  4. Dis baie mooi opgesom.
    Klink so vry en sorgeloos.

  5. Dis so mooi geskryf !

  6. Mense soos swane, met hul nekke wat so vorentoe beur terwyl hulle ry. Ek kan dit sien.

  7. Dankie,Caro.

  8. Hullo Lou.

  9. Plesier, Tina.

  10. Ek is bly jy het die koorsang oorleef, Twaksak.

  11. Mooi geskryf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.