by

Swane op fietse

September 12, 2012 in Sonder kategorie

Lees hoe raak skryf die moeder van my twee oudste kinders oor n dag in haar lewe in Holland.

Sy pas n sterwende omie op in n woonstel op die agste verdieping naby Arnhem.

Ek wou haar e-pos copy en paste maar kry dit nie reg nie.

Nou sal ek maar moet opsom wat sy sê.

Terwyl haar pasient vroeg soggens slaap, sit sy op die balkon met n lekker koppie koffie.

Vrydag het kinders op pad skool toe vir haar gewuif.

Saterdagoggend ervaar sy stil die nuwe dag. Sy verwag geen kindergroete nie en kyk uit op die

stroom water aan die voet van die gebou.

Skielik sien sy iets eg Hollands. n Pa en Ma op fietse gevolg deur ses kinders  op  n fietsrit deur die

platteland. Haar beeld: Twee swane met hul kuikens in gelid.

4 antwoorde op Swane op fietse

  1. TS het gesê op September 12, 2012

    hehehehe… Neeeeeeeee dis juis teen daai hopie swetende mans opmekaar wat ek dit het. Ek kon nog nooit verstaan hoe dit vir julle mans kan lekker wees om so tussen ‘n klomp sweet en spoeg en wat nog te lê!

  2. n Homo-erotiese verklaring maak sin, Tina.

  3. hierdie voorgee reel klink soos RDP ! wat noem ons dit ? Afrika Rule Rugby ? ( vgl Ausie Rule , American Football , Rugby Liga , ens. )

  4. AFRIKA RULES klink great. Ausie rules is veel groter as Union in Oss.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.