by

Straat of tafel.

September 6, 2012 in Sonder kategorie

Ons veelgeprese grondwet maak voorsiening vir vakbonde wat met base onderhandel oor lone , pensioene, behuising,

ontslagvoorwaardes, werksure ens.Lang ure om n tafel wat lei tot n bindende ooreenkoms wat strek oor n bepaalde tydperk.

Die vakbond verbind sy lede om vir die ooreengekome tyd tevrede te wees met die onderhandelde voordele. Die base is ook verbind. Wetlik mag geen party van die ooreenkoms afwyk nie.

Base onderhandel met die grootste vakbond. Ontvrede werkers kan besluit om n nuwe vakbond te steun. Indien die nuwe

bond teen die volgende onderhandelings die meeste lede het, vervang dit die ou bond.Slegs die nuwe bond onderhandel dan met die base.

Wanorde is n land se voorland as ontevrede werkers hul nie by die onderhandelde ooreenkoms hou nie.

Dit lyk my ons grondwet belet nie sulke tussentydse rewolusionêre wanorde hard genoeg nie.

Ons grondwet is die produk van taai onderhandeling en het in die Mandela-jare versoening gebring. Die meeste mense was tevrede.

Vuurvreters aan beide kante het gemor oor uitverkoop. Die ANC elite het intussen ryk geword en met onbevoegde kaders die land wan-regeer.Kon n beter grondwet hierdie wan-regeer voorkom het ? Dis nou te laat vir trane.

Die ANC moet dringend n sondebok vind . Kan nie beter as walglik ryk , wit , base wat die land se rykdom steel.

Ons is terug in die ou struggle dae met die linkse wêreld en media tog te gretig om wit varke te verdoem en arm swart onderdruktes

se rewolusie te ondersteun. Slagtings en n gedruis met spiese maak uitstekende TV

Malema-politiek en Zimbabwe is ons voorland. Daar is weinig aptyt vir stadige, onderhandelde verbetering. Weg met reëls. Weg met tafel. Viva , straat (of koppie)

7 antwoorde op Straat of tafel.

  1. TS het gesê op September 6, 2012

    Jy is ongelukkig reg!

  2. Yap ! Helaas is dit waar ! 🙁

  3. In die kol
    Slaat die spyker op sy kop.

    Malema vir pressie!
    Ugh…..

    Ek het dit al daai tyd voorspel.
    Malema het vir Z aan die [email protected]#% beet.
    Z skuld hom mos big time

  4. Koop maar genoeg ammunisie…

  5. avega het gesê op September 9, 2012

    Malema kan nie president word nie, hy’s nie lid van die ruling party nie.

  6. Vega, jy is tegnies korrek, hy is vir vyf jaar geskors. Die Youth league weier om hom te vervang. Agter die skerms gaan hy n groot rol speel in Mangaung. En waar daar chaos en oproer is, is hy koning. Lang termyn is sy ster helder.

  7. Geen aanspreeklikheid nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.