by

Ivoortoring

September 2, 2012 in Sonder kategorie

Ek lees met skok dat die goedige Afrikaanse seun wat ek as jong onderwyser elke dag n harde hou op die gat gegee het omdat hy geweier het om onsinnige drilwerk te doen, gesterf het. Deon du Plessis was maar 59.

Ek lees verder hoe hy as wit Boer vir die swartes n ponikoerant gestig het. Die Daily Sun het geweldig opgang gemaak en die magtige Sunday Times op sy nuus laat kyk.

Deon se sukses resep was om onbeskaamd vir die skaars geletterde swart werkersklas uit hul eie kultuur sensasie te bied.

Banier opskrifte soos: Woman penetrated by Python, vertel kortliks hoe n vrou in Soweto wat rustig op haar toilet gesit het,deur n luislang verkrag was. Of : Raped by a gorilla. n Vrou vertel hoe haar ex , n toordokter betaal het om die verkragting te reël.

Deon se sensasieblad was oorals welkom in plekke waar sy bygelowige lesers hul sensasionele stories wou vertel. Gevaarlike plekke

soos Diepsloot en Orange Farm. Daaglikse kontak. Plekke wat die intellektuele swart joernaliste slegs tydens massa zenofobiese slagtings sou dek.

 Deon se mense is deel van Suid-Afrika. Om hulle te verstaan moet ek en baie andere uit ons ivoortorings klim.

Dan sal ons nie verbaas wees om te hoor van mense wat toordokters betaal vir muti teen koeëls, soos nou met Marikana nie. 

Rus sag, wit Boer.      

15 antwoorde op Ivoortoring

  1. Carol460 het gesĂȘ op September 2, 2012

    Ek hoop die stomme man is aan natuurlike oorsake dood ! 🙁

  2. TS het gesĂȘ op September 2, 2012

    Het jy hom gerespekteer?

  3. Jammer om te hoor….

  4. Twaksak het gesĂȘ op September 2, 2012

    Ai. Teen 50c is die “Daily Sun” ‘n bargain en ‘n manier om baie kinders aan die lees te kry. En ‘n manier om weer te leer lag. Ditto en sela vir die “rus sag”…

  5. Ja, ek was barbaars om hom te foeter terwyl ek geweet het hy is reg.

  6. bloukaap het gesĂȘ op September 2, 2012

    ja, stil manne, hier is ‘n groot eiesoortige gees verby. tog snaaks hoe ‘andersheid’ op neergesien word. RIP Deon

  7. alleman het gesĂȘ op September 2, 2012

    Ek verstaan hy was ‘n karakter, en dat ‘n hy plat op die aarde man van die mense was.
    Maar stories soos ‘Woman penetrated by Python’ is ‘n liegstorie op die resep van die Britse Sun koerant, en ek verstaan nie hoekom liegstories deur ‘n koerant goed gepraat kan word net omdat die lesers semi-geletterd is nie.

    Is dit nie eerder die rol van so ‘n koerant om die waarheid oor dinge soos muti uit te lig nie?
    Dalk kon so ‘n koerant verhoed het dat die Marikana mynwerkers in sulke kak glo.

    Toegang to betroubare inligting is vir die arm persoon selfs nog meer lewensnoodsaaklik as vir die res.

  8. alleman, ja, bygeloof is uit pas met n moderne wĂȘreld en n poniekoerant kan dit beveg. Stig een en doen goeie werk.

  9. Vetjan het gesĂȘ op September 2, 2012

    hahaha.. dis snaaks .. hierdie blogs is propvol van bloggers se bygeloof en hulle ja en amen mekaar daarop …

    die pratende slang wat appels aanbied teenoor die luislang wat verkrag… ironies

  10. alleman het gesĂȘ op September 2, 2012

    Deon het begin met die magtige Naspers se middele en met die hele konsep klaar uitgewerk deur Rupert Murdoch se koerante – jou antwoork aan my kom neer op “moenie kritiseer nie”.

    En so kom Naspers se koerante daarmee weg om liegstories aan die armes te verkoop, en die politiek korrekte ding blyk te wees om vir Deon te prys daaroor.

  11. Hy was slim genoeg om te sien hoe om hul geld in sy sak in te kry. Mooi so.

  12. riem_mamba het gesĂȘ op September 4, 2012

    Om uit daai toring te klim is moeilik.

  13. postatdo het gesĂȘ op September 5, 2012

    I agree with Alleman, weird.

  14. hoe is hy dood?

  15. brongitis, binne n week.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.